hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4 Bybel vir Almal (ABA)

Julle moet luister wanneer julle pa vir julle leer

1. Kinders, julle moet luisterwanneer julle pa vir julle leer,julle moet luister,sodat julle kan weet wat om te doen,

2. want dit is goeie dinge wat ek vir julle leer,julle moet aanhou doen wat ek vir julle sê.

3. Want ek was ook voorheen ’n kind,ek was jonk, en my ouers was lief vir my.

4. Toe het my pa vir my ook geleer.Hy het gesê:“Jy moet onthou wat ek vir jou sê,jy moet dit doen, sodat jy kan aanhou lewe.

5. Jy moet wysheid kry, jy moet verstandig word,jy moenie vergeet nie,jy moenie ophou om te doen wat ek vir jou sê nie.

6. As jy die wysheid nie los nie,dan sal dit vir jou wagstaan,as jy lief is vir die wysheid,dan sal dit jou beskerm.

7. As jy regtig slim wil word,dan moet jy wysheid kry,jy moet ook verstandig word,saam met al die ander dinge wat jy kry.

8. As jy hou van die wysheid,dan sal dit jou ’n belangrike mens maak.As jy wys dat jy lief is vir die wysheid,dan sal mense jou respekteer.

9. Die wysheid sal soos ’n mooi kransie wees,soos die kroon van ’n koning op jou kop.”

10. My kind, jy moet luister,jy moet doen wat ek vir jou sê,dan sal jy baie lank lewe.

11. Ek het vir jou geleer om te loopop die pad van die wysheid,ek het jou gelei op reguit paaie.

12. As jy op hierdie paaie loop,dan sal jou voet nie vashaak nie,en wanneer jy hardloop,dan sal jy ook nie val nie.

13. Jy moet vashou aan wat ek vir jou leer,jy moenie dit los nie,jy moet dit doen, want dan sal jy waarlik lewe.

14. Jy moenie op die pad loop van mensewat verkeerd doen nie,jy moenie saam met slegte mense loop nie.

15. Jy moet daardie pad los,jy moenie daarop loop nie,jy moet wegdraai en jy moet op jou eie pad loop.

16. Daardie mense kan nie slaapas hulle nie verkeerd gedoen het nie,hulle bly wakker as hulle nie sonde gedoen het nie.

17. Hulle hou daarvan om verkeerd te doenen om mense seer te maak,dit is vir hulle so lekkersoos om te eet en te drink.

18. Maar mense wat reg doen,se pad is soos die oggendlig,dit word meer en meer heldertotdat dit dag is.

19. Mense wat verkeerd doen,se pad is soos die donker,hulle weet nie waaroor hulle sal val nie.

20. My kind, jy moet luister wanneer ek praat,jy moet luister na wat ek sê.

21. Jy moet altyd onthou wat ek vir jou sê,jy moenie dit vergeet nie,

22. want elkeen wat doen wat ek sê,sal aanhou lewe,en hy sal ’n gesonde mens wees.

23. Jy moet baie versigtig wees wat jy dink,meer versigtig as met ander dinge,want as jy reg dink, dan sal jy aanhou lewe.

24. Jy moenie leuens vertel nie,jy moenie mense bedrieg nie.

25. Jy moet reguit vorentoe kyk,jy moet weet waarnatoe jy gaan.

26. Jy moet op die reguit pad loop,dan sal jy seker wees waarnatoe jy loop.

27. Jy moenie wegdraai van die reguit pad nie,jy moenie regs of links draai nie,jy moet wegbly van alles wat verkeerd is.