hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11 Bybel vir Almal (ABA)

Mense wat reg lewe, sal aanhou lewe

1. Die Here haat ’n weegskaal wat nie reg weeg nie,Hy hou van gewigte wat presies reg weeg.

2. Mense sal ’n hoogmoedige mens maklik verneder, wyse mense is nederig.

3. Eerlike mense hou aan om reg te lewe,mense wat ontrou is,sterf omdat hulle skelm is.

4. Wanneer die Here kwaad is vir jou,dan help dit nie dat jy ryk is nie,maar wanneer jy reg lewe,dan sal dit jou lewe red.

5. Die pad van eerlike mense is gelyk,want hulle doen reg.’n Mens wat verkeerd doen,sterf omdat hy verkeerd doen.

6. Mense wat reg lewe, sal aanhou lewe,want hulle doen reg,maar die dinge wat ontrou mense graag wil hê,vang daardie mense.

7. Wanneer die mens wat verkeerd doen, sterf,dan sterf alles wat hy gehoop het,saam met hom,slegte mense kan nie hoop dat dit latergoed sal gaan nie.

8. Wanneer dit sleg gaan met ’n menswat reg lewe, dan red die Here hom,en dan laat Hy dit sleg gaanmet die mens wat verkeerd doen.

9. ’n Mens wat nie die Here dien nie,praat sleg oor ander mense,hy wil hulle laat sterf,maar mense wat reg doen,weet hoe hulle moet lewe,en hulle hou aan om te lewe.

10. Die mense in ’n stad is blywanneer dit goed gaan met die mense wat reg doen,en hulle juig wanneer die mense sterf wat verkeerd doen.

11. Dit gaan goed in ’n stad wanneer die Heredie mense seën wat reg lewe,maar wanneer mense verkeerd doen,dan gaan dit sleg in ’n stad.

Verstandige en onverstandige mense

12. Dit is ’n onverstandige mens wat sêdat ’n ander mens nie belangrik is nie,’n verstandige mens sê niks.

13. Iemand wat skinder, sê dingewat ander mense nie moet weet nie,iemand vir wie jy kan glo, praat nie oor die dingewaaroor ’n mens moet stilbly nie.

14. ’n Volk sal ’n oorlog verloor wanneer mensenie goed dink voordat hulle die oorlog begin nie,maar wanneer daar baie raadgewers is,dan sal hulle wen.

15. Dit sal sleg gaan met ’n persoonwat borg staan vir iemand,’n persoon wat nie wil borg staan nie, is veilig.

16. ’n Goeie vrou lewe só dat mense haar respekteer.Mense wat altyd wil seermaak en doodmaak,lewe net om ryk te word.

17. ’n Persoon wat doen wat hy belowe,kry sy beloning,’n wrede mens laat homself swaarkry.

18. Die beloning van die mens wat verkeerd doen,beteken niks.Iemand wat aanhou om reg te doen,sal waarlik beloon word.

19. ’n Mens wat aanhou om reg te doen,sal aanhou lewe.’n Mens wat graag verkeerd doen, sal sterf.

20. Die Here haat skelm mense,maar Hy hou van mense wat reg lewe.

21. Jy kan dit weet, dit is seker,’n slegte mens sal sy straf kry,maar die nageslag van mense wat reg doen,sal vry wegkom.

22. ’n Mooi vrou wat nie verstandig kan besluit nie,is soos ’n goue ring aan ’n vark se neus.

23. Mense wat reg lewe, wil hêdat dit goed moet gaan,mense wat verkeerd doen, moet weetdat die Here hulle sal straf.

Wanneer iemand goed wil doen, dan sal mense goed wees vir hom

24. Daar is mense wat hulle goedvir ander mense uitdeel,maar hulle kry altyd meer goed,daar is ook mense wat nie graag vir ander menseiets doen nie, húlle word self arm.

25. Wanneer iemand dit goed laat gaanmet ander mense,dan gaan dit goed met hom.As hy vir ander mense water gegee hettoe hulle dors was,dan sal hy ook water krywanneer hy dors is.

26. Wanneer iemand koring hetmaar hy wil dit nie verkoop nie,dan sal mense hom vervloek,wanneer iemand van sy koring wil verkoop,dan sal mense hom seën.

27. Wanneer iemand goed wil doen,dan sal mense goed wees vir hom,wanneer iemand slegte dinge wil doen,dan sal slegte dinge met hom gebeur.

28. Iemand wat dink dat dit hom sal helpas hy ryk is, sal sterf,maar dit sal baie goed gaanmet mense wat reg lewe.

29. Wanneer iemand slegte dingemet sy huisgesin laat gebeur,dan sal hy later alles verloor.’n Onverstandige mens word die slaafvan ’n wyse mens.

30. Iemand wat reg lewe, laat ander mense waarlik lewe,’n wyse mens sal lank lewe.

31. Mense wat reg doen, kry op die aarde alleswat hulle moet kry,mense wat verkeerd doen en wat sondaars is,sal ook alles kry wat hulle moet kry,hulle sal straf kry.