hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15 Bybel vir Almal (ABA)

Wanneer wyse mense praat

1. Wanneer jy vir iemand mooi antwoord,dan sal hy ophou om kwaad te wees,maar wanneer jy dinge sê wat iemand seermaak,dan maak jy hom kwaad.

2. Wanneer wyse mense praat,dan leer ’n mens, en dit is lekker.Maar wanneer dwase praat,dan sê hulle net dom dinge.

3. Die Here sien oral,Hy sien wat slegte mense doenen Hy sien wat goeie mense doen.

4. Wanneer iemand praat om dit beter te laat gaan,dan laat hy mense lewe,maar wanneer hy dinge sê wat vals is,dan maak hy mense moedeloos.

5. Dit is ’n dwaas wat dink dat die dingewat sy pa vir hom leer, nie belangrik is nie,maar iemand wat onthou wat sy pa vir hom sê,is verstandig.

6. Iemand wat reg lewe, word baie ryk,maar as ’n mens verkeerd doen,dan sal die goed wat hy kry,dit sleg laat gaan met hom.

7. Wanneer wyse mense praat,dan leer hulle vir baie mense om dinge te weet,maar dwase dink net oor dinge wat nie reg is nie.

8. Die Here haat die offers wat mense bringwat verkeerd doen,maar Hy aanvaar die gebede van eerlike mense.

9. Die Here haat dit wanneer mense verkeerd doen,maar Hy hou van mense wat altyd probeer om reg te doen.

10. Die Here sal die mens straf wat ophou om reg te lewe.Die mens wat dit haat wanneer iemand vir hom wil leer,sal sterf.

11. Die Here ken die doderyk en die onderwêreld,maar Hy ken die harte van mense nog beter.

12. Iemand wat altyd wil spot, hou nie daarvandat jy vir hom sê hoe hy moet lewe nie,hy gaan vra nie vir wyse mensewat hy moet doen nie.

13. Wanneer iemand bly is,dan sal sy gesig gelukkig lyk,maar wanneer hy hartseer is,dan sien jy hy is moedeloos.

14. ’n Verstandige mens probeer altyd meer weet,maar dwase is tevrede om dom te bly.

15. Dit gaan altyd sleg met iemandwat homself nie kan help nie,maar vrolike mense geniet altyd die lewe.

16. Dit is beter om min te hêen die Here te respekteer en te dien,beter as om baie goed te hê en ook probleme te hê.

17. Dit is beter om net groente te eeten te weet dat mense lief is vir jou,beter as om die vleis van ’n vet bees te eeten te weet dat mense jou haat.

18. ’n Mens wat gou kwaad word, sal twis en stry,maar ’n geduldige mens maak vrede.

19. ’n Lui mens se lewe is soos ’n pad vol dorings,eerlike mense se lewe is soos ’n goeie pad.

20. ’n Pa en ma is bly wanneer hulle kinders wysheid het,maar ’n dwaas dink sy ouers is nie belangrik nie.

21. Iemand wat nie baie verstand het nie,is bly omdat hy dwaas is,’n verstandige mens doen dinge wat reg is.

22. As jy nie vra wat jy moet doen nie,dan sal jou planne nie slaag nie,maar as jy baie raadgewers het,dan sal jou planne slaag.

23. Dit is lekker wanneer ’n mens weetwat om te antwoord,dit is die beste om die regte woordop die regte tyd te sê.

24. ’n Verstandige mens loop op die pad van die lewe,daardie pad gaan boontoe.’n Verstandige mens loop nie op die pad na die doderyk nie,daardie pad gaan ondertoe.

25. Die Here breek die huis van hoogmoedige mense af,maar Hy beskerm die grond van die weduwee.

26. Die Here haat dit wanneer mense planne maakom slegte dinge te doen,maar Hy hou van vriendelike woorde.

27. Iemand wat altyd meer wil hê as wat hy moet kry,laat dit sleg gaan met sy huisgesin,maar iemand wat nie presente wil neemom verkeerde dinge te doen nie, sal lewe.

28. ’n Mens wat reg lewe,dink eers goed voordat hy antwoord,maar mense wat verkeerd doen,hou aan om slegte dinge te praat.

29. Die Here is ver van mense wat verkeerd doen,maar Hy hoor wanneer mense wat reg lewe,tot Hom bid.

30. Wanneer iemand vriendelik is,dan maak hy mense bly.Goeie nuus laat mense goed voel.

31. Iemand wat luister wanneer mense vir hom sêdat hy verkeerde dinge doen,sal saam met wyse mense kan woon.

32. Iemand wat nie wil leer nie,dink dit is nie belangrik wat met hom gebeur nie,iemand wat luister wanneer mense vir hom sêwat hy verkeerd doen, word verstandig.

33. As iemand wysheid wil leer,dan respekteer en dien hy die Here.’n Mens moet nederig wees,dan sal ander mense hom respekteer.