Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 6:1-19 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Wanneer iemand vir ’n ander Israeliet iets gegee het om vir hom te bêre of wanneer hy dit vir hom geleen het, en die ander Israeliet sê hy het dit nie, dan doen hy sonde en hy is ontrou aan die Here. Hy doen ook sonde wanneer hy ’n ander Israeliet se goed vir homself vat, of wanneer hy die ander Israeliet slaan en seermaak en sy goed vat,

3. of wanneer iets van ’n ander Israeliet weggeraak het, en hy kry dit, maar hy sê nie hy het dit gekry nie. Hy sê die Here is die getuie, maar hy lieg. Wanneer iemand een van hierdie dinge doen, dan het hy sonde gedoen.

4. Hy het sonde gedoen en hy is skuldig, hy moet die goed teruggee wat hy gevat het of wat iemand by hom gebêre het, hy moet die goed teruggee wat weggeraak het en wat hy gekry het,

5. hy moet alles teruggee waaroor hy gelieg het en gesê het die Here is die getuie. Wanneer mense sê dat hy dit gedoen het, en hy is skuldig, dan moet hy alles teruggee en hy moet ook nog een vyfde daarby sit.

6. Hy moet ook vir die Here ’n skuld-offer gee. Hy moet ’n gesonde skaap-ram vir die priester bring om ’n skuld-offer te wees. Die priester moet sê hoe groot die ram moet wees.

7. Die priester moet dan vir hom versoening doen, en die Here sal hom alles vergewe wat hy verkeerd gedoen het.”

8. Die Here het vir Moses gesê:

9. “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê wat hulle met die brand-offer moet doen. Die brand-offer moet die hele nag deur op die vuurmaakplek op die altaar bly tot die volgende oggend. Die vuur moet aanhou brand.

10. Die volgende oggend moet die priester sy linne-klere en sy linne-broek aantrek. Hy moet die vet optel wat oorgebly het toe die brand-offer op die altaar gebrand het, en hy moet die vet langs die altaar sit.

11. Dan moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek en hy moet die vet na ’n rein plek buite die kamp bring.

12. Die vuur op die altaar moet aanhou brand, dit mag nie doodgaan nie. Die priester moet elke oggend hout op die vuur sit. Hy moet die brand-offer op die vuur sit en hy moet die vet van die ete-offer in die vuur verbrand.

13. Daar moet altyd vuur wees op die altaar, dit mag nie doodgaan nie.”

14. “En dit is wat die priesters met die koring-offer moet doen: ’n Priester van die nageslag van Aäron moet die offer naby die altaar bring voor die Here,

15. en hy moet ’n handvol van die meel en die olyf-olie neem en ook al die wierook wat bo-op die koring-offer is. Dan moet hy dit verbrand. Die handvol meel is die teken van die hele offer. Dit ruik lekker vir die Here.

16. Aäron en sy seuns moet die meel eet wat oorbly. Hulle moet ongesuurde brood daarvan bak en hulle moet dit op ’n gewyde plek eet, op die oop stuk grond by die tempel.

17. Hulle mag nie die brood met suurdeeg bak nie. Dit is wat die priesters moet kry van die vuur-offers. Dit is hoog-gewyd, soos die sonde-offer en die skuld-offer.

18. Elke man en seun van die nageslag van Aäron mag hierdie brood eet, hy en sy nageslag. Dit kom uit die vuur-offers vir die Here. Alles wat daaraan raak, word gewyd.”

19. Die Here het vir Moses gesê:

Lees volledige hoofstuk Levitikus 6