hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 1 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gepraat met Hosea seun van Beëri. Dit was in die tyd toe vier konings ná mekaar koning van Juda was. Die konings was Ussia, Jotam, Agas en Hiskia. Jerobeam seun van Joas was toe koning van Israel.

Julle is nie meer my volk nie

2. Die Here het begin om met Hosea te praat. Die Here het vir Hosea gesê:“Jy moet trou en jy moet kinders kry. Jou vrou en jou kinders sal ontrou wees, want al die mense in die land is altyd ontrou aan die Here.”

3. Hosea het toe gegaan en hy het met Gomer getrou. Gomer was die dogter van Diblajim.Gomer het swanger geword en sy het ’n seun gekry vir Hosea.

4. Die Here het toe vir Hosea gesê:“Jy moet die seun Jisreël noem, want die tyd is naby wanneer Ek die nageslag van koning Jehu sal straf. Ek sal hulle straf, want hulle het baie mense vermoor in die stad Jisreël.“Ek sal hulle koning wegvat, die land Israel sal nie meer ’n koning hê nie.

5. “Daardie dag sal Ek vyande laat kom om oorlog te maak teen Israel, en hulle sal die mense van Israel oorwin in die Jisreël-vallei.”

6. Gomer het weer swanger geword en sy het ’n dogter gekry.Die Here het gesê:“Jy moet haar noem‘Nie-Weer-Goed-Wees-Nie,’“want Ek sal nooit weer goed wees vir die mense van Israel nie. Nee, Ek sal hulle wegvat uit hulle land, Ek sal dit doen.

7. “Maar vir die mense van Juda sal Ek goed wees. Ek is hulle God die Here, en Ek sal hulle red. Ek sal dit nie doen met wapens en oorlog nie, nie met soldate op perde nie.”

8. Gomer se dogter, Nie-Weer-Goed-Wees-Nie, het grootgeword en sy het nie meer aan haar ma gedrink nie. Gomer het toe weer swanger geword en sy het ’n seun gekry.

9. Die Here het gesê:“Jy moet hierdie seun noem ‘Nie-My-Volk-Nie,’ want julle is nie meer my volk nie, en Ek is nie meer julle God nie.”

Julle is my volk

10. “Maar eendag sal die Israelieteso baie weessoos die sand by die see,’n mens kan dit nie meet of tel nie.Ek het vir hulle gesê:‘Julle is nie my volk nie,’maar daardie dagsal die mense vir hulle sê:‘Julle is kinders van die God wat lewe.’

11. Dan sal die mense van Judaen die mense van Israelbymekaarkomen hulle sal een volk wees.Hulle sal vir hulle een leier kiesen hulle sal die land terugvat.Ja, daardie dagsal daar belangrike dingegebeur in Jisreël.

12. Julle moet vir julle broers sê:‘Julle is my volk,’en vir julle susters moet julle sê:‘Die Here sal weer goed weesvir julle.’ ”