hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 11 Bybel vir Almal (ABA)

Ek was goed vir hulle

1. Die Here het gesê:“Toe Israel ’n jong seun was,was Ek lief vir hom.Ek het my seun uit Egipte geroep.

2. Ek het die mensevan Israel geroep,maar hulle het weggegaan van My.Hulle het vir die Baäls gaan offer,hulle het vir beelde offers gebring.

3. Dit was Ék wat vir Efraimgeleer het om te loop.Ek het hulle in my arms gedra,maar hulle het nie onthoudat dit Ek iswat hulle gesond maak nie.

4. Ek was goed vir hulle,Ek was lief vir hulle.Ek het hulle gedrasoos ’n mens ’n baba dra,Ek het gebuk en vir hulle kos gegee.

5. Ek wou nie hêhulle moet teruggaanna Egipte nie,en Ek wou nie hêdie koning van Assiriëmoet oor hulle regeer nie.Maar hulle wou nie terugkomna My toe nie.

6. Daarom sal die vyandedie mense doodmaakbinne-in die stede.Die vyande sal die poorte oopbreeken hulle sal die raadgewersvan die koning doodmaak.”

Ek wil julle nie laat gaan nie

7. Die Here het gesê:“My volk het vas besluitom My nie meer te dien nie.Hulle vra vir ’n afgodom hulle te help,maar hy kan hulle nie optelen help nie.

8. Maar Ek wil jullenie laat gaan nie,mense van Efraim!En mense van Israel,Ek wil julle nievir ’n ander god gee nie!Ek wil julle nie laat gaansoos Ek by die stad Admagedoen het nie.Ek wil nie met julle doensoos Ek met die stad Seboïmgedoen het nie.My hart is seer,Ek is baie jammer vir julle.

9. Ek is kwaad,maar Ek sal nie die mensevan Efraim doodmaak nie,want Ek is God,Ek is nie ’n mens nie.Ek is die heilige Godwat by jou is.Ek sal nie kwaad weeswanneer Ek kom nie.

10. Die mense sal die Here volg.Die Here sal brul soos ’n leeu,ja, Hy sal brul,en sy kinders sal beween na Hom toe kom.Hulle sal kom uit die weste,

11. hulle sal soos voëls beween hulle sal uit die land Egipte kom,hulle sal kom soos duiweuit die land Assirië.Ja, Ek sal hulle terugbringna hulle huise.”Die Here sê dit.