hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 13 Bybel vir Almal (ABA)

Die mense van Efraim sal verdwyn

1. Die Here het gesê:“Lank gelede was almal bangvir die mense van Efraim.Al die Israeliete het gedinkdie mense van Efraimis die belangrikste.Maar die mense van Efraimhet sonde gedoen,hulle het vir Baäl gedien,en daarom het hulle gesterf.

2. Maar nou doen hulle nog meer sonde:Hulle maak beelde.Hulle vat silweren maak daarvan beeldevan afgodesoos hulle dinkdie beelde moet lyk. Ambagsmanne maak die beeldewat soos ’n bul-kalf lyk,en hulle sê die mensewat wil offer,moet die beelde soen.

3. Daarom sal die mensevan Efraim verdwynsoos ’n wolk in die oggend,soos dou wat vroeg weggaan.Hulle sal verdwynsoos kaf wat wegwaaivan die dorsvloer,soos rook wat komdeur ’n gat in ’n huis se muur.

4. “Toe hulle uit Egipte gekom het,was Ek hulle God die Here.Net Ek was naby hulle,daar was nie ’n ander godwat hulle kon red nie.

5. Ek was saam met hullein die woestyn,in die droë land.

6. Maar toe Ek vir hullekos gegee het,en hulle genoeg geëet het,toe het hulle hoogmoedig geworden hulle het vergeet dat Ek hulle God is.

7. “Ek het toe besluitEk wil die mensevan Efraim doodmaak.Ek het geword soos ’n leeu,soos ’n luiperd wat langs die padvir hulle lê en wag.

8. Ek was so kwaadsoos ’n beer-wyfiewanneer iemandhaar kleintjies wegvat.Soos ’n leeu wou Ekhulle bors oopskeuren hulle opvreet.Soos ’n roofdier wou Ekhulle stukkend skeur.

9. “Ek wou hulle doodmaak,want hulle was teen My,hulle was teen die Godwat vir hulle gehelp het.

10. Hulle koning is nou weg,hy kon hulle nie help nie,nie in een van hulle stede nie.Hulle leiers is ook weg.Die Israeliete het gesê:‘Gee vir ons ’n koningen amptenare.’

11. Ek was kwaad vir hulle,maar Ek het vir hulle’n koning gegee,en Ek het die koning weggevattoe Ek baie kwaad was.”

Die dood moet hulle vat

12. Die Here weet alleswat die mensevan Efraim gedoen het,Hy onthou al hulle sondes.

13. Hulle was soos ’n babawat gebore moes wordmaar wat te dom was om te weethoe hy uit sy mase liggaam kan kom.

14. Die Here vra:“Moet Ek nou betaalsodat hulle niein die doderyk kom nie?Moet Ek betaalsodat hulle nie sterf nie?Nee, die dood moet hulle vatsoos dorings ’n mens vashou,soos wanneer byemense doodsteekmet hulle angels.Ek is nie meerjammer vir hulle nie.”

15. Efraim is soos ’n groen plantwat mooi groei tussen die riete,maar die oostewind sal kom.Die Here sal die wind stuuruit die woestyn,en daar sal niks water oorbly nie,die fonteine sal leeg word.Die vyande sal komen hulle sal die mooi goed vat,hulle sal alles vatwat die mensebymekaargemaak het.