hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 12 Bybel vir Almal (ABA)

Nou moet die nageslag van Jakob terugkom

1. Die Here het gesê:“Die mense van Efraimhet aangehouom vir die Here te lieg,maar die mense van Judadien nog die heilige God.

2. Die mense van Efraimvra die Assiriërsom hulle te help,maar dit help niks.Dit is soos iemandwat die wind probeer vang.Hulle lieg oral waar hulle gaan.Hulle soek moeilikheid,want hulle beloweom die Assiriërs te dien,maar hulle stuur olyf-oliena die Egiptenaars toe.Hulle vra die Egiptenaarsmoet hulle helpteen die Assiriërs.”

3. Die Here sêdie mense van Judahet ook verkeerd gedoen,maar Hy wil noudie nageslag van Jakob straf.Hy wil hulle straf omdat hulleverkeerd gedoen het.

4. Jakob was skelmvoordat hy gebore is,hy het aan sy broerse voet vasgehou.Toe hy groot was,het hy met God gestoei.

5. Hy het met die Engelgestoei en gewen.Jakob het gehuil,en God was jammer vir hom.God het Jakob by Bet-El gekryen God het daarmet Jakob gepraat.

6. Die Here het dit gedoen.Hy is die Godwat oor alles regeer,sy Naam is: Die Here.

7. Nageslag van Jakob,nou moet julle terugkom na julle God toe.Julle moet lief wees vir mekaaren doen wat reg is,julle moet altyd glodat Hy julle sal help.

8. Maar die handelaarsmeet nie regwanneer hulle iets verkoop nie,hulle laat die mense swaarkry.

9. Die mense van Efraim sê:“Ons het ryk geword,ons het baie goedbymekaargemaak,maar ons het niks verkeerdgedoen nie, niks.”

10. Die Here sê:“Ek, julle God die Here,het julle gekentoe julle nog in Egipte was.Ek sal julle weer in tentelaat woonsoos daardie tydtoe julle in die woestyn was.

11. Ek het met die profete gepraat,Ek het vir hulle gewyswat sal gebeur.Ek sal hulle nou stuurom so te praatdat die mense hullenie kan verstaan nie.

12. “Die mense van die land Gileadis sleg en hulle beteken niks.Hulle offer bullein die stad Gilgal,maar Ek sal hulle altare afbreek,en die klippe van die altaresal op mekaar lêlangs die koringlande.

13. “Jakob het gevlugna die land van die Arameërs.Hy het daar gaan werkom ’n vrou te kry.Hy het skape opgepasom ’n vrou te kry.

14. Die Here het ’n profeet gestuurom die Israelieteuit Egipte te bring,’n profeet het hulle opgepas.

15. “Maar die mense van Efraimhet die Here baie kwaad gemaak.Hulle het baie mense doodgemaak,en hulle Here sal hulle straf.”