hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die mense van die stad Samariamoet tevrede weeswanneer God hulle straf,want hulle wou nie luisterna hulle God nie.Die vyande sal hulle doodmaak,die vyande sal hulle babatjies doodslaanen hulle sal die swanger vroue oopkap.

Ek sal hulle gesond maak

2. Mense van Israel,julle moet terugkomna julle God die Here toe,want julle kry swaar.Dit is omdat jullesonde gedoen het.

3. Julle moet terugkomna die Here toe,julle moet vir Hom sê:“Vergewe asseblief ons sondeen luister na wat ons vir U wil sê.Hierdie woorde is ons offer.

4. Die koning van Assiriësal ons nie help nie,en ons wil nie weeroorlog maak nie.Ons sal nooit weer sê ’n beeldwat ons self gemaak het,is ons god nie.Ons is soos weeskinders,en ons weet dat Ugoed sal wees vir ons.”

5. Die Here sê:“Ek sal hulle gesond maaksodat hulle nie weersal weggaan van My nie.Ek sal baie lief wees vir hulle,Ek is nie meer kwaad vir hulle nie.

6. Ek sal vir die Israelieteso goed weessoos die dou vir die veld.Hulle sal so mooi groeisoos blomme,en hulle sal diep wortels hêsoos die bomeop die Libanon-berg.

7. Hulle jong takkies sal groeien hulle sal so mooi wordsoos ’n olyfboom,en hulle sal so lekker ruiksoos die bomeop die Libanon-berg.

8. Die mense sal weer woonin die skaduweevan die Libanon-berg.Hulle sal groei soos koring,hulle sal druiwe drasoos ’n wingerdstok,en hulle wyn sal so goed weessoos die wynvan die Libanon-berg.

9. Mense van Efraim,Ek wil nie meer kykna die beeldevan julle afgode nie.Ek sal luister na julle gebeden Ek sal vir julle sorg.Ek is soos ’n sipresboomwat altyd groen blare het.Dit is Ek wat julle sal laat lewe.”

Die pad van die Here is reg

10. Almal wat wysheid het,almal wat verstand het,moet luister na wat Hoseain hierdie boek geskryf het.Julle moet luister,want die paaie van die Hereis reg. Regverdige menseloop op die Here se paaie,maar die mense wat niena Hom wil luister nie,sal val.