Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 5:15-22 Bybel vir Almal (ABA)

15. Hy het teruggegaan na die man van God toe en hy en al sy mense het voor Elisa kom staan. Naäman het gesê: “Luister asseblief, ek weet nou daar is op die hele aarde nie ’n ander God nie, daar is net die God van Israel. En nou wil ek graag vir jou ’n present gee.”

16. Maar Elisa het geantwoord: “So seker soos die Here lewe, die Here vir wie ek werk, ek sal niks van jou neem nie.”Naäman het aangehou, maar Elisa wou niks neem nie.

17. Toe sê Naäman: “As jy niks wil neem nie, mag ek dan asseblief ’n vrag grond saamneem, soveel soos twee muile kan dra? Ek wil van nou af net vir die Here offers bring, nie meer vir ander gode nie.

18. Maar daar is een ding wat die Here vir my moet vergewe: Wanneer my koning in die tempel van Rimmon kom om daar te aanbid, dan sal die koning vir my sê ek moet langs hom staan en ek moet saam met hom aanbid. Die Here moet my vergewe wanneer ek dit doen.”

19. Elisa het vir Naäman gesê: “Goed, dit is nie ’n probleem nie.”Naäman het weggegaan, maar hy was nog nie ver weg van Elisa nie.

20. Gehasi, wat vir Elisa, die man van God, gewerk het, het gedink en vir homself gesê: “Kyk wat het my meneer gedoen, hy het hierdie Arameër laat weggaan en hy het niks geneem van die presente wat hy gebring het nie. So seker soos die Here lewe, ek sal hardloop en wanneer ek by hom kom, sal ek iets by hom kry.”

21. Gehasi hardloop toe na Naäman toe, en toe Naäman sien daar kom iemand wat na hom toe hardloop, het hy stilgehou. Hy het afgeklim van die wa en hy het gewag vir die man. Toe Gehasi by hom kom, het Naäman gevra: “Is daar iets verkeerd?”

22. Gehasi het gesê: “Nee, daar is niks verkeerd nie. My meneer het my gestuur om te sê daar het nou twee jongmanne van die Efraim-berg by hom gekom. Hulle is profete, en jy moet asseblief vir my meneer ’n talent silwer gee en ook klere vir twee persone.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 5