Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:10-22 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die mense wat sêdie Here is verkeerd,sal sterf.Die Here laat donderweeruit die lug oor hulle blits.Die Here sal al die menseop die aarde oordeel,en Hy sal sy koningwat Hy gesalf het,sterk maak.”

11. Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar sy seun Samuel het by die priester Eli gebly om vir die Here te werk.

12. Die seuns van Eli was slegte mense. Hulle het nie gelewe soos die Here wou hê nie.

13. Al die mense wat kom offer het, het altyd ook vir die priesters vleis gegee. Wanneer iemand klaar ’n ete-offer gebring het, dan het hy die vleis gaargemaak. Dan het die priester se slaaf gekom en hy het ’n drietand-vurk in sy hand gehad.

14. Die slaaf het dan die vurk in die pot of die bak of die pan of die skottel gesteek. Alles wat aan die vurk vasgesit het, kon die priester vir homself vat. Die priesters het dit gedoen met al die Israeliete wat daar in Silo gekom het.

15. Maar die priester se slaaf het partymaal gekom voordat die priesters die vet op die altaar aan die brand gesteek het. Die slaaf het dan vir die man gesê: “Jy moet vleis gee vir die priester om te braai. Hy wil nie gaar vleis hê nie, hy wil rou vleis hê.”

16. En as die man dan vir die slaaf sê: “Wag ’n bietjie, hulle moet eers die vet aan die brand steek, daarna kan jy vat wat jy wil hê,” dan sê die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nóú gee. As jy dit nie doen nie, dan sal ek dit self vat.”

17. Die Here het gesien dat die seuns van Eli ’n baie groot sonde doen, want hulle het gemaak of die offer van die Here nie belangrik is nie.

18. Samuel het in die tempel gewerk en hy het ’n linne-skouer-kleed gedra.

19. Sy ma het elke jaar ’n klein oorkleed vir hom gemaak en sy het dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man kom offer het.

20. Eli het Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Jy en jou vrou het hierdie kind vir die Here geleen. Ek bid dat die Here vir julle nog kinders sal gee in sy plek.”Daarna het Elkana en sy huisgesin teruggegaan na sy huis.

21. En die Here was toe baie goed vir Hanna. Sy het weer swanger geword en sy het nog drie seuns en twee dogters gekry. Maar die seun Samuel het in die tempel grootgeword.

22. Eli was baie oud. Hy het gehoor wat sy seuns alles gedoen het aan al die Israeliete, en ook dat hulle seks gehad het met die vroue wat gewerk het by die deur van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2