Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 7:1-15 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hierdie man Melgisedek was koning van die stad Salem. Hy was ’n priester van die Hoogste God. Melgisedek het vir Abraham ontmoet toe Abraham teruggekom het nadat hy die konings oorwin het. En Melgisedek het vir Abraham geseën.

2. Abraham het ook vir Melgisedek een tiende gegee van alles wat hy teruggebring het. Melgisedek se naam beteken “die koning wat dinge doen wat reg is.” Die naam Melgisedek kan ook beteken “koning van Salem.” Omdat Salem “vrede” beteken, beteken sy naam daarom ook “die koning wat vrede maak.”

3. Ons lees nie van Melgisedek se pa of ma nie, daar is ook nie ’n lys van die name van Melgisedek se voorouers nie, ons lees ook nie van die begin of van die einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly vir altyd ’n priester.

4. Julle moet goed verstaan hoe belangrik hierdie Melgisedek was. Ons voorvader Abraham het een tiende van die beste van alles wat hy in die oorlog gevat het, vir Melgisedek gegee.

5. Die Wette van Moses sê dat die mense wat van die nageslag van Levi is, priesters mag wees, en hulle mag tiendes neem van die volk. Die volk is die Leviete se broers en die volk is die nageslag van Abraham, maar die Leviete kon tiendes neem van die volk.

6. Maar Melgisedek was nie een van die Levi-priesters nie, en hy het ’n tiende van Abraham geneem. God het vir Abraham goeie dinge belowe, en Melgisedek het vir Abraham geseën.

7. Almal weet dat ’n mens wat belangrik is, die minder belangrike mens seën.

8. Die Levi-priesters ontvang tiendes en hulle is mense wat sal sterf. Maar Melgisedek ontvang ook tiendes, en die Ou Testament sê dat hy aangehou het om te lewe.

9. ’n Mens kan miskien sê die nageslag van Levi wat tiendes ontvang, het ook vir Melgisedek tiendes gegee toe Abraham vir Melgisedek ontmoet het en vir hom ’n tiende gegee het.

10. Want Levi was toe nog in sy voorvader Abraham se liggaam toe Melgisedek vir Abraham ontmoet het.

11. Die volk het die Wette van Moses ontvang om vir hulle te vertel van die werk van die priesters van die nageslag van Levi. As dit waar is dat hierdie priesters van die nageslag van Levi hulle werk heeltemal klaar gedoen het, hoekom moes daar ’n ander priester kom? Hoekom moes hy ’n priester wees wat soos Melgisedek is en nie soos Aäron nie?

12. Want wanneer ander mense priesters word, dan moet die wet ook verander.

13. Want die Ou Testament het hierdie belofte oor hierdie ander priester gemaak, en hy was van ’n ander stam. Niemand van hierdie stam was ’n priester by die altaar nie.

14. Want almal weet dat ons Here van die Juda-stam kom. Moses het niks gesê oor priesters in die Juda-stam nie.

15. En wanneer daar ’n ander priester kom wat soos Melgisedek is, dan is dit nog meer duidelik

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 7