hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 34 Afrikaans 1983 (AFR83)

Beskrywing van die landsgrense

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle in Kanaän kom, moet die land wat vir julle as besitting aangewys is, die volgende grense hê:

3. “Julle suidgrens is die grens van die Suidland, van die Sinwoestyn af tot teen Edom. Aan die oostekant begin hierdie grens by die suidelike punt van die Soutsee,

4. daarvandaan draai dit suid van Skerpioenpas weg en loop dit deur tot by Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea tot by Gasar-Addar en dan verby tot by Asmon,

5. waar dit wegdraai en met Egiptespruit langs loop tot by die see.

6. “Julle wesgrens is die Groot See.

7. “Julle noordgrens moet loop van die Groot See af: trek 'n lyn van daar af tot by Horberg in die noorde,

8. en van daar af tot by Lebo-Hamat. Daarvandaan loop die grens na Sedad toe

9. en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is julle noordgrens.

10. “Vir julle oosgrens moet julle 'n lyn trek van Gasar-Enan af tot by Sefam.

11. Die grens loop dan van Sefam af tot by Ribla, oos van Ajin, en daarvandaan teen die oostelike oewer van die Gennesaretmeer en dan met

12. die Jordaan langs tot by die Soutsee.“Dit is die grense van julle hele land.”

13. Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle deur loting moet verdeel, die gebied wat volgens bevel van die Here aan die nege en 'n halwe stamme gegee moet word.

14. Die families in die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam het reeds hulle grond gekry.

15. Hierdie twee en 'n halwe stamme het hulle grond regoor Jerigo, oos van die Jordaan, gekry.”

16. Die Here het ook nog vir Moses gesê:

17. “Die manne wat die land vir julle moet verdeel, is die priester Eleasar en Josua seun van Nun.

18. Stel een leier uit elke stam aan om die land te help verdeel.

19. Die name van dié manne is:“Kaleb seun van Jefunne vir die stam Juda;

20. Samuel seun van Ammihud vir die stam Simeon;

21. Elidad seun van Kislon vir die stam Benjamin;

22. Bukki, seun van Jogli, leier van die stam Dan;

23. Ganniël, seun van Efod, leier van die stam Manasse seun van Josef;

24. Kemuel, seun van Siftan, leier van die stam Efraim;

25. Elisafan, seun van Parnak, leier van die stam Sebulon;

26. Paltiël, seun van Assan, leier van die stam Issaskar;

27. Agihud, seun van Selomi, leier van die stam Aser;

28. Pedael, seun van Ammihud, leier van die stam Naftali.”

29. Dit is die manne aan wie die Here opdrag gegee het om Kanaän onder die Israeliete te help verdeel.