hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 23 Afrikaans 1983 (AFR83)

Bileam se eerste uitspraak

1. Bileam het vir Balak gesê: “Bou hier vir my sewe altare en maak sewe bulle en sewe ramme gereed vir offers.”

2. Balak het gedoen wat Bileam gesê het, en hy en Bileam het toe op elkeen van die altare 'n bul en 'n ram geoffer.

3. Daarna sê Bileam vir Balak: “Bly jy hier by jou brandoffer terwyl ek eenkant toe gaan. Miskien sal die Here Hom aan my openbaar, en wat Hy ook al aan my bekend maak, sal ek vir jou sê.”Bileam het na 'n kaal hoogte toe gestap,

4. en daar het God Hom aan Bileam geopenbaar.Bileam het toe gesê: “Ek het sewe altare laat bou en op elke altaar 'n bul en 'n ram geoffer.”

5. Die Here het vir Bileam gesê wat hy moet sê en hom beveel: “Gaan na Balak toe terug en sê dit vir hom.”

6. Bileam het by Balak gekom waar hy en al die amptenare van Moab by die brandoffer staan.

7. Toe kom Bileam met hierdie uitspraak:“Uit Aram het Balak my laat kom,die koning van Moab het my laat komuit die berge in die ooste.‘Kom,’ het hy gesê, ‘vervloek Jakob vir my;kom, kondig 'n ramp aan oor Israel.’

8. Maar hoe kan ek hóm vervloekvir wie God nie vervloek nie,hoe kan ek 'n ramp oor hóm aankondigas die Here dit nie aangekondig het nie?

9. “Hier van die hoë rotse af sien ek vir Israel,van die hoogtes af kyk ek na hom!Ek sien 'n volk wat op sy eie woonen hom van die nasies afsonder.

10. Wie kan die stof tel, wie vir Jakob,wie kan selfs een kwart van Israel se getal bereken?Mag ek ook eendag as opregte sterwe,mag my einde soos hierdie volk s'n wees.”

11. Toe sê Balak vir Bileam: “Wat het jy my nou aangedoen? Ek laat jou kom om my vyande te vervloek, en jy kom seën hulle!”

12. Bileam het geantwoord: “Ek moes tog presies kom sê wat die Here my voorgesê het.”

Bileam se tweede uitspraak

13. Toe sê Balak vir Bileam: “Kom saam met my na 'n ander plek toe. Van daar af sal jy net 'n deel van hulle kan sien, nie almal nie. Vervloek hulle vir my van daar af!”

14. Balak vat hom toe na 'n uitkykpos op die top van Pisgaberg. Daar bou hy sewe altare en offer op elke altaar 'n bul en 'n ram.

15. Daarna sê Bileam vir Balak: “Bly jy hier by jou brandoffer, terwyl ek eenkant toe gaan om van God 'n openbaring te vra.”

16. Die Here het Hom aan Bileam geopenbaar, hom gesê wat om te sê en hom beveel: “Gaan na Balak toe terug en sê dit vir hom.”

17. Bileam het toe by Balak gekom waar hy en die amptenare van Moab by die brandoffer staan. Balak vra hom toe: “Wat het die Here gesê?”

18. Toe kom Bileam met hierdie uitspraak:“Kom luister, Balak,hoor wat ek sê, seun van Sippor.

19. God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie,'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.Sou Hy iets sê en dit nie doen nie,iets belowe en dit nie uitvoer nie?

20. Ek het die opdrag om te seën:Hý het geseën, en ék kan niks daaraan verander nie.

21. Jy sal nie vind dat 'n ramp vir Jakob tref nie,jy sal Israel nie sien swaarkry nie:die Here hulle God is by hulle;oor Hom, hulle koning, jubel hulle.

22. God het hulle uit Egipte laat trek,sy krag is vir hulle soos die horings van 'n buffel.

23. Geen toordery rig iets uit teen Jakob nie,geen waarsêery iets teen Israel nie.Nou word daar oor Jakob, oor Israel gesê:‘Wat het God nie alles gedoen nie!’

24. Dit is 'n volk wat soos 'n leeumannetjie opstaan,wat hom uitrek soos 'n leeu,en nie weer gaan lê voordat hy sy prooi verskeur heten sy slagoffers se bloed gedrink het nie.”

25. Toe sê Balak vir Bileam: “As jy hulle nie kan vervloek nie, moet jy hulle ook nie seën nie!”

26. Bileam het geantwoord: “Ek het jou mos gesê ek sal net doen wat die Here vir my sê.”

Bileam se derde uitspraak

27. Toe sê Balak vir Bileam: “Kom ek vat jou na 'n ander plek toe. Miskien vind God dit tog goed dat jy die volk daarvandaan vir my vervloek.”

28. Balak vat toe vir Bileam na die top van Peor toe wat afkyk op die droë wêreld.

29. Bileam het vir hom gesê: “Bou hier vir my sewe altare en maak vir my sewe bulle en sewe ramme gereed vir offers.”

30. Balak het gedoen wat Bileam gesê het en op elke altaar 'n bul en 'n ram geoffer.