hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 12 Afrikaans 1983 (AFR83)

Reiniging na swangerskap

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir die Israeliete: Wanneer 'n vrou 'n seun in die wêreld bring, is sy onrein, soos wanneer sy menstrueer, 'n week lank.

3. Op die agste dag moet die seuntjie besny word.

4. Daarna moet sy nog drie en dertig dae wag om seker te wees dat die bloedvloeiing opklaar. Voordat dié tydperk om is, mag sy aan niks raak wat gewyd is nie en ook nie in die heiligdom ingaan nie.

5. As sy 'n dogter in die wêreld bring, is sy onrein soos wanneer sy menstrueer, maar twee weke lank. Dan moet sy nog ses en sestig dae wag om seker te wees dat daar geen bloedvloeiing meer is nie.

6. As sy in die geval van 'n seun of dogter die bepaalde aantal dae gewag het, moet sy 'n jaaroud lam as brandoffer en 'n tortelduif of enige ander duif as sondeoffer neem na die priester toe wat diens doen by die ingang van die tent van ontmoeting.

7. Hy moet dit dan aan die Here offer en vir haar versoening doen. Dan sal sy rein wees van die bloedvloeiing wat sy gehad het. Hierdie wet is van toepassing op enige vrou wat 'n kind in die wêreld bring, of dit nou 'n seun is of 'n dogter.

8. As sy nie 'n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee ander duiwe bring, die een as brandoffer en die ander as sondeoffer, sodat die priester vir haar versoening kan doen en sy rein kan wees.”