hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dawid deel die priesters in diensgroepe in

1. Wat die Aäroniete betref, hulle afdelings moes dié van die seuns van Aäron gewees het: Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar.

2. Nadab en Abihu is egter dood vóór hulle pa en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom het net Eleasar en Itamar die priesterskap gekry.

3. Dawid het hulle met behulp van Sadok, uit die nageslag van Eleasar, en Agimelek, uit die nageslag van Itamar, in diensgroepe ingedeel vir die uitvoering van hulle pligte.

4. Toe hulle vind dat die nageslag van Eleasar meer manlike hoofde het as die nageslag van Itamar, het hulle die nageslag van Eleasar onder sestien familiehoofde en die nageslag van Itamar onder ag ingedeel.

5. Hulle het hulle deur loting ingedeel, die een groep by die ander, sodat daar ampsdraers van die heiligdom, ampsdraers vir God, uit die Eleasargeslag én uit die Itamargeslag gekom het.

6. Die administratiewe amptenaar Semaja, 'n Leviet, seun van Netanel, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning, die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar en die familiehoofde van die priesters en die Leviete. Telkens is twee families vir Eleasar en een vir Itamar geneem.

7. Die eerste lot het op Jojarib geval, die tweede op Jedaja,

8. die derde op Garim, die vierde op Seorim,

9. die vyfde op Malkija, die sesde op Mijamin,

10. die sewende op Kos, die agste op Abia,

11. die negende op Jesua, die tiende op Sekanja,

12. die elfde op Eljasib, die twaalfde op Jakim,

13. die dertiende op Guppa, die veertiende op Jesebab,

14. die vyftiende op Bilga, die sestiende op Immer,

15. die sewentiende op Gesir, die agtiende op Pisses,

16. die negentiende op Petagja, die twintigste op Esegiël,

17. die een en twintigste op Jakin, die twee en twintigste op Gamul,

18. die drie en twintigste op Delaja en die vier en twintigste op Maäsja.

19. Dit was die diensgroepe waarvolgens hulle vir die uitvoering van hulle pligte na die huis van die Here toe gekom het. Dit moes geskied volgens die orde wat Aäron, hulle pa, neergelê het in ooreenstemming met die bevel van die Here die God van Israel.

Die familiehoofde van die oorblywende Leviete

20. Wat die oorblywende Leviete betref, hulle familiehoofde was die volgende: Subael uit die nageslag van Amram, Jegdeja uit die nageslag van Subael,

21. Jissija uit die nageslag van Regabja,

22. Selomit uit die nageslag van Jishar, en Jagat uit die nageslag van Selomit.

23. Uit die nageslag van Hebron was daar vier: Jerija, Amarja, Jagasiël en Jekamam.

24. Miga was uit die nageslag van Ussiël, en Samir uit dié van Miga.

25. Jissija was Miga se broer, en Sagaria was die familiehoof uit die nageslag van Jissija.

26. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Uit die nageslag van Jaäsija,

27. 'n seun van Merari, was Soham, Sakkur en Ibri familiehoofde.

28. Uit die nageslag van Magli was daar Eleasar, maar hy het nie seuns gehad nie.

29. Jeragmeël was die familiehoof uit die nageslag van Kis.

30. Die seuns van Musi was Magli, Eder en Jerimot.Dit is dan die Leviete volgens hulle families.

31. Hulle het ook, naas hulle broers, die nageslag van Aäron, deelgeneem aan die loting in teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familiehoofde van die priesters en die Leviete. Van elke familie is almal, van die hoof tot by sy jongste broer, ingereken.