hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 25 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dawid reël die sangbegeleiding in die tempel

1. Dawid en die amptenare in beheer het die seuns van Asaf, Heman en Jedutun vir 'n besondere diens afgesonder. Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree het.Hier volg besonderhede oor die manne wat 'n funksie gehad het in hierdie diens.

2. Die seuns van Asaf, naamlik Sakkur, Josef, Netanja en Asarela, was onder leiding van Asaf wat as profeet in diens van die koning opgetree het.

3. Die seuns van Jedutun, naamlik Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja, was al ses onder leiding van Jedutun, hulle pa, wat met begeleiding van die lier as profeet opgetree het in die dank en die lof aan die Here.

4. Die seuns van Heman was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in godsdienstige sake, en hulle het hom groot aansien verleen. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.

6. Hulle het almal onder leiding van hulle pa die sang in die huis van die Here begelei op simbale, harpe en liere in die tempeldiens.Asaf, Jedutun en Heman was in diens van die koning.

7. Saam met hulle ampsgenote wat in sang ter ere van die Here onderrig was, was die getal opgeleides twee honderd ag en tagtig.

8. Hulle is vir diens geloot volgens die reël dat oud en jonk gelyk is, of hy nou al opgelei of leerling was.

9. Die eerste lot het op Josef, uit die nageslag van Asaf, geval; die tweede op Gedalja,

10. die derde op Sakkur,

11. die vierde op Seri,

12. die vyfde op Netanja,

13. die sesde op Bukkija,

14. die sewende op Asarela,

15. die agste op Jesaja,

16. die negende op Mattanja,

17. die tiende op Simi,

18. die elfde op Asarel,

19. die twaalfde op Gasabja,

20. die dertiende op Subael,

21. die veertiende op Mattitja,

22. die vyftiende op Jeremot,

23. die sestiende op Gananja,

24. die sewentiende op Josbekasa,

25. die agtiende op Ganani,

26. die negentiende op Malloti,

27. die twintigste op Eliata,

28. die een en twintigste op Hotir,

29. die twee en twintigste op Giddalti,

30. die drie en twintigste op Magasiot,

31. die vier en twintigste op Romamti-Eser. Elke groep, die leier, sy seuns en ampsgenote, was twaalf.