hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 10 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die dood van Saul

1. Die Filistyne het Israel aangeval. Die Israeliete het vir hulle gevlug, en van die manskappe het op Gilboaberg gesneuwel.

2. Toe het die Filistyne op Saul en sy seuns toegesak. Hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malkisua neergevel

3. en toe die aanval op Saul toegespits. Die boogskutters het hom in die oog gekry en hy het bang vir hulle geword,

4. en vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard en steek my daarmee dood dat daardie heidene nie kom en my in oneer laat sterf nie.”Maar sy wapendraer wou nie, want hy was baie bang. Saul vat toe self die swaard en val daarin.

5. Toe sy wapendraer sien Saul is dood, val hy ook in sy swaard en sterf.

6. So is Saul en sy drie seuns, ja, al sy seuns, saam dood.

7. Die Israeliete wat in die laagte gewoon het, het gesien dat die manskappe gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is. Hulle het toe hulle stede verlaat en ook gevlug, en die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon.

8. Toe die Filistyne die dag na die geveg die lyke kom stroop, kry hulle Saul en sy seuns daar waar hulle op Gilboaberg geval het.

9. Die Filistyne het hom ook gestroop, sy kop en sy wapens saamgevat en dié in die land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en hulle mense bekend te maak.

10. Daarna het hulle sy wapenrusting in hulle tempel gesit en sy kopbeen teen die Dagonstempel vasgeslaan.

11. Toe die mense van Jabes in Gilead hoor wat die Filistyne alles met Saul gedoen het,

12. het die weerbare manne almal gegaan en die lyk van Saul en dié van sy seuns na Jabes toe gebring. Hulle het hulle onder 'n groot boom in Jabes begrawe en daarna sewe dae lank gevas.

13. Saul is dood oor die troubreuk wat hy teenoor die Here begaan het deurdat hy aan die bevel van die Here ongehoorsaam was, en ook deurdat hy raad gevra het by 'n gees

14. in plaas van die Here te raadpleeg. Daarom het die Here hom doodgemaak en sy koningskap laat oorgaan op Dawid seun van Isai.