hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die stam Issaskar

1. Issaskar se vier seuns was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.

2. Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Volgens die stamboom was hulle familiehoofde van Tola, en hulle was strydbare manne. In Dawid se tyd was die getal van die geslag twee en twintig duisend ses honderd.

3. Die seun van Ussi was Seragja en die seuns van Seragja was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Hulle vyf was almal hoofde.

4. Daar was naas hulle ook nog volgens hulle familiestamboom leërafdelings van ses en dertig duisend altesaam. Hulle het baie vrouens en kinders gehad.

5. Hulle stamgenote in al die Issaskargeslagte was sewe en tagtig duisend strydbare manne, almal in die register opgeneem.

Die stam Benjamin

6. Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.

7. Die vyf seuns van Bela was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hulle was die familiehoofde en strydbare manne. In die register is van hulle twee en twintig duisend vier en dertig opgeneem.

8. Die seuns van Beker: Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. Hulle was almal seuns van Beker.

9. In die register tel hulle volgens hulle stamboom, hulle familiehoofde, strydbare manne, twintig duisend twee honderd.

10. Die geslag van Jediael was Bilhan en sy seuns Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.

11. Hulle was almal seuns van Jediael. Hulle geslag was ingedeel volgens familiehoofde, en die strydbare manne, altesaam sewentien duisend twee honderd wat vir militêre diens opgeroep kon word.

12. Hier hoort ook nog die Suppeërs en die Guppeërs, nakomelinge van Ir, en die Gusseërs, nakomelinge van Ager.

Die stam Naftali

13. Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was nakomelinge van Bilha.

Die stam Manasse

14. Nou volg die geslag van Manasse. Sy vrou het Asriël in die wêreld gebring. Sy Aramese byvrou was die moeder van Makir, vader van Gilead.

15. Makir het getrou met 'n vrou uit die Guppeërs en die Suppeërs, en sy suster se naam was Maäka. Die tweede seun se naam was Selofgad, maar hy het net dogters gehad.

16. Makir se vrou Maäka was die moeder van 'n seun met die naam Peres, en sy broer se naam was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.

17. Die seun van Ulam was Bedan. Dit was dan die seuns van Gilead seun van Makir, seun van Manásse.

18. Gilead se suster Moleket was die moeder van Ishod, Abiëser en Magla.

19. Daar was ook seuns van Semida. Hulle was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.

Die stam Efraim

20. Die seun van Efraim was Sutelag, dié se seun Bered, dié se seun Tagat, sý seun Elada, sý seun Tagat,

21. sý seun Sabad en sý seun Sutelag. Daar was ook nog Eser en Elad, maar hulle is deur die mense van Gat wat van geboorte af in die Efraimitiese gebied was, doodgemaak. Dit het gebeur toe hulle die mense van Gat se vee gaan steel het.

22. Eser en Elad se vader Efraim het lank oor hulle getreur, maar sy broers het hom kom troos.

23. Toe hy daarna met sy vrou gemeenskap gehad het, het sy swanger geword en 'n seun gekry. Hy het hom Beria genoem, omdat dit gebeur het toe daar 'n swaar tyd in sy huis was.

24. Sy dogter was Seëra. Sy het Bet-Goron-Onder en Bet-Goron-Bo gebou, en ook Ussen-Seëra.

25. Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag, en sý seun Tagan.

26. Sý seun was Ladan, sý seun Ammihud, sý seun Elisama,

27. sý seun Nun en sý seun Josua.

28. Die gebied wat hulle besit en bewoon het, was Bet-El met die dorpies rondom hom, na die ooste toe Naära, na die weste toe Geser met die dorpies rondom hom, en verder Sigem met die dorpies rondom hom tot by Aja met sy dorpies.

Die woongebied van Manasse

29. In besit van Manasse was Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies. In dié plekke het die nageslag van Josef seun van Israel gewoon.

Die stam Aser

30. Die seuns van Aser was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster was Serag.

31. Beria se seuns was Geber en Malkiël, wat die vader van Birsajit was.

32. Geber was die vader van Jaflet, Semer en Gotam, en van hulle suster Sua.

33. Die seuns van Jaflet was Pasak, Bimhal en Aswat; hulle was Jaflet se seuns.

34. Die seuns van Semer was Agi, Roga, Gubba en Aram.

35. Die seuns van sy broer Gotam was Sofag, Jimna, Seles en Amal.

36. Die seuns van Sofag was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra,

37. Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.

38. Die seuns van Jitran was Jefunne, Pispa en Ara.

39. Die seuns van Ulla was Arag, Ganniël en Risja.

40. Hulle was almal afstammelinge van Aser, familiehoofde, uitgelese strydbare manne, vorstelike leiers. Hulle is in die register opgeneem vir aktiewe oorlogsdiens. Hulle was ses en twintig duisend man.