hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 1 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die voorvaders en die verspreiding van hulle nageslag

1. Adam, Set, Enos,

2. Kenan, Mahalalel, Jered,

3. Henog, Metusalag, Lameg,

4. Noag.Noag se seuns was Sem, Gam en Jafet.

5. Die geslag van Jafet:Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras.

6. Die nageslag van Gomer: Askenas, Rifat en Togarma.

7. Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom.

8. Die nageslag van Gam:Kus, Egipte, Put en Kanaän.

9. Die nageslag van Kus: Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama: Skeba en Dedan.

10. Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde.

11. Uit Egipte het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,

12. Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane.

13. Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het,

14. die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

15. Hewiete, Erekiete, Siniete,

16. Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat.

17. Die nageslag van Sem:Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Mesek.

18. Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber.

19. Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan.

20. Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

21. Hadoram, Usal, Dikla,

22. Obal, Abimael, Skeba,

23. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom.

Abraham en sy nageslag

24. Sem, Arpaksad, Selag,

25. Heber, Peleg, Reü,

26. Serug, Nahor, Tera en

27. Abram, later Abraham genoem.

28. Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.

29. Die oudste, Ismael, se nakomelinge was Nebajot, Kedar, Adbeël, Mibsam,

30. Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema,

31. Jetur, Nafis en Kedma. Hulle was die seuns van Ismael.

32. Die seuns van Ketura, Abraham se byvrou: sy was die moeder van Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Die seuns van Joksan was Skeba en Dedan,

33. en die seuns van Midian was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle het almal uit Ketura voortgekom.

34. Abraham was ook die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel.

35. Die seuns van Esau was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.

36. Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.

37. Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa.

38. Die seuns van Seïr was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.

39. Die seuns van Lotan was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.

40. Die seuns van Sobal was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Die seuns van Sibon was Aja en Ana.

41. Die seun van Ana was Disan. Die seuns van Disan was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

42. Die seuns van Eser was Bilhan, Saäwan en Akan. Die seuns van Dison was Us en Aran.

Die regeerders van Edom

43. Hier volg nou die name van die konings wat in Edom geregeer het voordat konings oor die Israeliete geregeer het: eers Bela seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba.

44. Na Bela se dood het Jobab seun van Serag, uit Bosra, hom as koning opgevolg.

45. Na Jobab se dood is hy as koning opgevolg deur Gusam, uit die land van die Temaniete.

46. Na Gusam se dood is hy as koning opgevolg deur Hadad seun van Bedad, wat vir Midian in die gebied van Moab verslaan het. Sy stad se naam was Awit.

47. Na Hadad se dood is hy as koning opgevolg deur Samla van Masreka.

48. Na Samla se dood is hy as koning opgevolg deur Saul van Regobot-aan-die-Rivier.

49. Na Saul se dood is hy as koning opgevolg deur Baäl-Ganan seun van Akbor.

50. Na Baäl-Ganan se dood is hy as koning opgevolg deur Hadar. Die naam van sy stad was Paü, en sy vrou se naam was Mehetabel dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.

51. Na Hadar se dood was daar egter stamhoofde aan die bewind in Edom: Timna, Alwa, Jetet,

52. Oholibama, Ela, Pinon,

53. Kenas, Teman, Mibsar,

54. Magdiël en Iram. Hulle was die stamhoofde van Edom.