hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 4 Bybel vir Almal (ABA)

Ons sal altyd lewe soos ons God wil hê

1. Julle sê:“Eendag sal die bergwaarop die Here se tempel staan,hoër wees en vaster staanas die ander berge en heuwels.Baie volke sal na hierdie berg kom.

2. Die mense van baie volke sal komen hulle sal sê:‘Kom ons gaan op teen die bergvan die Here,na die tempel van die God van Jakob.Dan sal Hy vir ons leer wat ons moet doen,en dan kan ons so lewe.Ons moet na Jerusalem gaan,dan sal ons weet wat die Herewil hê ons moet doenen wat Hy vir ons wil sê.’

3. “Die Here sal die regter weestussen die volkeen Hy sal die sterk volkevrede laat maak met mekaar,die volke wat naby isen die volke wat ver is.Dan sal die volke hulle swaardeen spiese smelten hulle sal skerp ysters maakom te ploegen messe om bome se takke af te sny.Die volke sal nie weer oorlog maak teen mekaar nieen hulle sal ook nie leerom oorlog te maak nie.

4. Elke Israeliet sal ondersy eie wingerdstokof onder sy eie vyeboom sit.Die Israeliete sal vir niemandbang wees nie.Die Here het dit gesê,Hy regeer oor alles.

5. Ja, elke volk lewesoos sy god wil hê,maar ons sal altyd lewesoos ons God wil hê.”

Soos voorheen sal daar weer ’n koning in Jerusalem wees

6. Julle sê die Here sê:“Daardie dag sal Ekmy skape bymekaarmaak.Hulle pote is seer,die vyande het hulle weggejaagna al die kante toe,want Ek het my volk gestraf.

7. Ek sal my skape terugbring,my skape wat oorgebly het.Ek het my volk weggejaag,maar Ek sal hulle terugbringen Ek sal hulle weer ’n sterk volk maak.Ek sal self op Sionsbergoor hulle regeer, vir altyd.

8. En soos voorheen sal daar weer’n koning in Jerusalem wees,en hy sal kykdat dit goed gaan met my volk.”

Jy moet seerkry

9. Jerusalem, hoekom skree jy?Hoekom kry jy seersoos ’n vrou wat ’n kind kry?Is jou koning weg?Is die mense wegwat vir jou moet sêwat om te doen?

10. Jy moet seerkry,jy moet skreesoos ’n vrou wat ’n kind kry,want jou mensemoet uit die stad gaan.Hulle moet in die veld gaan woonen dan na die stad Babel gaan.Die Here sê:“Daar in Babel sal Ek julle red,Ek sal julle vrymaakvan julle vyande.”

Die volke verstaan nie die Here se planne nie

11. Baie volke het gekomom oorlog te maak teen julle.Hulle sê:“Ons sal die stad oorwin,ons sal sy mure afbreek!”

12. Maar hulle weet niewat die Heremet hulle wil doen nie,hulle verstaan niedie Here se planne nie.Die Here het die volkebymekaargebringsoos ’n boer koring-gerwebymekaarbringop die dorsvloer.

13. Nou moet die mensevan Jerusalem die volke trapsoos beeste die koring-gerwe trap.Die Here sê:“Ek gee vir hulle ysterhoringsen brons-pote.Dan kan hulle die volke fyntrapen hulle kan die volke se goed vaten vir My present gee.”Die volke se goed sal behoortaan die Here van die hele aarde.

Die nuwe koning sal kom

14. Julle sê:“Jerusalem is ’n stadwaar daar baie diewe is,en die vyande maak oorlogteen die mense in die stad.Die vyande kom van al die kante,en hulle wil die koning van Israelmet stokke teen sy gesig slaan.