hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Maar ek sê:Leiers van die Israeliete,julle moet luister!Julle weet wat reg is,

2. maar julle haat alles wat goed isen julle is lief vir alles wat sleg is.Julle maak of my volk diere is.

3. Julle eet hulle vleisen julle slag hulle vel af.Julle kap hulle bene stukkend,julle sny hulle vleis soos ’n mensvleis sny om dit te kook.

4. Dan roep julle na die Hereen julle vra dat Hy julle moet help,maar Hy antwoord julle nie.Hy wil nie luister na julle nie,want julle het verkeerd gedoen.

Die son sal ondergaan vir die profete

5. Die Here sê vir die profete wat sy volk bedrieg:“Wanneer mense vir julle kos gee,dan sê julle daar sal vrede wees,en wanneer hullenie vir julle kos gee nie,dan sê julle daar sal oorlog kom.”

6. Daarom sal dit nag word vir julle.Die Here sal nie vir julle wyswat sal gebeur nie.Die son sal ondergaanvir die profete.Dit sal donker word vir hulle.

7. Die profete dink hulle weetwat sal gebeur,maar hulle sal nie weetwat om te sê nie,want God sal niemet hulle praat nie.

8. Net ek, Miga, is sterk.Die Gees van die Herehet my sterk gemaak.Ek weet wat is reg,en ek is nie bangom vir die Israeliete te sêdat hulle sonde gedoen het nie.

9. Leiers van die Israeliete,julle moet luister!Julle dink dit is nie belangrikom reg te doen nie,julle dink dit is regom verkeerd te doen.

10. Die hele Jerusalemis vol moordenaarsen mense wat verkeerd doen.Dit is julle skuld.

11. Die leiers wat moet sê wat reg is,vra geld om dit te doen.Die profete wat moet sêwat sal gebeur,vra geld om dit te doen.Julle doen nie reg nie, maar julle sêdie Here is by julle.Julle sê Hy sal ditgoed laat gaan met julle.

12. Omdat julle dit doen,sal die vyande Jerusalem omploegsoos ’n mens’n stuk grond omploeg.Hulle sal Jerusalem verwoes,en die bergwaar die tempel nou staan,sal vol bosse wees.