hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 1 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met Miga gepraat. Miga het van die stad Moreset gekom. Dit was in die tyd toe Jotam koning van Juda was. Ná Jotam was Agas koning, en ná Agas was Hiskia koning. Die Here het vir Miga gewys wat met Samaria en Jerusalem sal gebeur.

Die Here kom omdat die Israeliete sonde gedoen het

2. Al die volke moet luister.Almal wat op die aarde woon,moet luister.Die Here sal sê wat julleverkeerd gedoen het.Hy kom uit sy gewyde tempel,

3. Hy kom van die plekwaar Hy woon.Hy kom af uit die hemelen Hy trap die offer-plekkein die land plat.

4. Wanneer Hy kom,dan smelt die bergeen die valleie onder Hom.Hulle verdwyn soos ietswat smelt in vuur,soos water wat afloopteen ’n heuwel.

5. Die Here kom omdat die Israeliete,die nageslag van Jakob,sonde gedoen het.Samaria is die plekwaar die Israelietesonde gedoen het,Jerusalem is die offer-plekwaar die mensevan Juda offer.

Ek sal Samaria heeltemal verwoes

6. Die Here sê:“Ek sal Samariaheeltemal verwoes.Mense sal wingerde plantwaar die stad was.Ek sal Samaria se geboue afbreek.Daar sal net ’n paar klippe oorbly.

7. Die vyande sal die beeldein Samaria stukkend slaanen hulle sal die presente verbrandwat die mense na die tempelgebring het.Dit was presentevir tempel-prostitute,en die vyande sal dit gebruikom ander tempel-prostitutete betaal.”

Miga sal hartseer wees

8. Ek, Miga, sal hartseer wees en treurwanneer die vyande Samaria verwoes,ek sal kaalvoet loopen my klere uittrek.Ek sal skree soos ’n jakkals,en kla soos ’n volstruis.

9. Dit gaan baie sleg met Samaria.Dit gaan nou ook sleg met Judahier in Jerusalemwaar my volk woon.

Die vyande sal die mense van tien stede in Juda vang en wegvat

10. Moenie vir die mense van die stad Gatdaarvan vertel nie,moenie daaroor huil nie.Gaan lê in die stof in die stad Bet-Leafra.

11. Kom uit julle stad,mense van die stad Safir.Die vyande vang julleen vat julle weg.Die mense van die stad Saänankom kaal uit hulle stad.Die mense van die stad Bet-Esel treuroor hulle mense wat dood is,die vyande het hulle stad verwoes.

12. Die mense van die stad Marothet gedink dit sal goed gaan,maar die Here het dit sleg laat gaanmet die stad Jerusalem.

13. Mense van die stad Lakis,julle moet die perde inspanvoor julle oorlogkarre.Dit is julle wat die mensevan Jerusalem en Israellaat sonde doen het.

14. Julle moet die mensevan die stad Moreset-Gat groet,hulle moet ook gaan.Die mense wat in die stad Aksib woon,sal nie die konings van Israelkan help nie.

15. Mense van die stad Maresa,die vyande sal na julle toe ook kom.Hulle sal tot by die stadAdullam kom,en niemand sal die Israelieterespekteer nie.

16. Julle moet julle hare afskeer.Skeer julle koppe so kaalsoos ’n aasvoël se kop,want die vyande sal die mensevan al hierdie stedevang en wegvat.