Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 10:19-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Garif, Anatot, Nebai,

20. Magpias, Mesullam, Gesir,

21. Mesesabel, Sadok, Jaddua,

22. Pelatja, Ganan, Anaja,

23. Hosea, Gananja, Gassub,

24. Loges, Pilga, Sobek,

25. Regum, Gasabna, Maäseja,

26. Agija, Ganan, Anan,

27. Malluk, Garim en Baäna.

28. Die res van die volk wie se name op die geseëlde dokument was, was die priesters, Leviete, poortwagte, sangers en die tempelwerkers. Verder ook al die ander mense wat hulle van die heidenvolke afgeskei het om die wet van God te gehoorsaam. Hierdie groep wat bestaan het uit die vroue en seuns en dogters wat reeds kon verstaan waaroor dit gaan,

29. het hulle leiers se voorbeeld gevolg. Hulle het ’n plegtige belofte afgelê om te leef volgens die wet van God wat Moses, die dienaar van God, aan die volk gegee het. Hulle het ook beloof om gehoorsaam te wees aan al die gebooie van die Here ons God en aan sy reëls en voorskrifte.

30. Hulle het onderneem: “Ons sal nie ons dogters met die heidense mense van die land laat trou nie. Ons sal ook nie ons seuns toelaat om met hulle dogters te trou nie.

31. Verder, as die mense van die land handelsware of koring bring om op die Sabbat of op ’n dag wat aan die Here gewy is, te verkoop, sal ons weier om dit te koop. Ons sal ook elke sewende jaar nie die grond bewerk nie en alle skuld kanselleer.

32. “Ons onderneem ook om jaarliks die belasting van vier gram goud vir die onderhoud van ons God se tempel te betaal.

33. Dit sal voorsiening maak vir die offerbrood, die gereelde graanoffers en brandoffers, offers op die Sabbat, Nuwemaanfeeste en die jaarlikse feeste. Verder ook vir spesiale gewyde dae, offers om Israel se sondes te versoen en vir ander werk by ons God se tempel.

34. “Daar was ook hout nodig wat volgens die wet op die altaar by die tempel van die Here ons God moes brand. Ons het lootjies getrek om te besluit wanneer die families van die priesters, die Leviete en die gewone mense volgens vasgestelde beurte die hout moes bring.

35. “Ons sal ook elke jaar die eerste graan wat ons oes of die eerste vrugte van al die bome na die Here se tempel toe bring.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 10