Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 13:5-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Ek het toe na die Eufraat gegaan en dit weggesteek soos die Here my beveel het om te doen.

6. Na ’n lang tyd verloop het, het die Here vir my gesê: “Gaan terug na die Eufraat toe en gaan haal die linnegordel wat Ek jou beveel het om weg te steek.”

7. Ek het toe teruggegaan na die Eufraatrivier toe. Ek het die linnegordel uit die plek gehaal waar ek dit weggesteek het. Maar die lap het al stukkend geword en dit was onbruikbaar.

8. Toe het die Here vir my verduidelik.

9. Hy het gesê: “Dis hoe Ek die arrogansie van Juda en van Jerusalem sal laat wegvrot.

10. Hierdie slegte volk sal nes hierdie linnegordel word. Hulle is niks werd nie! Hulle weier mos om na My te luister. Hulle is hardkoppig en doen net wat hulle wil. Hulle dien ander gode.

11. Soos hierdie linnegordel om ’n mens se heupe span, so wou Ek gehad het moes Juda en Israel aan My gebind wees,” sê die Here. “My wens was dat hulle my volk sou wees, my roem en my heerlikheid, ’n eer vir My. Maar hulle wou nie gehoorsaam wees nie.

12. “Praat met hulle en gee vir hulle hierdie boodskap. ‘Die Here, die God van Israel sê: Al die wynkruike sal vol wyn gemaak word.’ En hulle sal antwoord: ‘Natuurlik, jy hoef ons nie eens te vertel hoe voorspoedig ons gaan wees nie!’

13. Dan moet jy vir hulle sê: ‘Nee, dit is wat die Here bedoel: Ek sal almal in hierdie land so verward maak dat hulle soos dronk mense sal lyk. Dit sluit die koning in wat nou op Dawid se troon regeer, en die priesters, profete en inwoners van Jerusalem.

14. Ek sal hulle teen mekaar stukkend stamp, selfs ouers en kinders, sê die Here. Ek sal hulle nie spaar omdat Ek vir hulle jammer is of omdat Ek hulle genadig wil wees nie. Ek sal ook nie medelye met hulle hê nie. Ek gaan hulle vernietig.’”

15. Luister, gee ’n bietjie aandag! Moenie so arrogant wees nie, want dit is die Here wat praat:

16. Gee eer aan die Here julle God,voordat dit te laat is.Doen dit voordat Hydit vir julle donker maak, want as dit skemer is, sal julle struikel en val op die donker berge. Julle sal wens dit word lig, maar Hy sal dit stikdonker maak.

17. En as julle aanhou om ongehoorsaam te wees, sal ek eenkant staan en huilomdat julle so verwaand is.Ek sal bitterlik huil omdat hulle die kudde van die Herein ballingskap wegneem.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 13