Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 24:8-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Hulle het die hele land deurkruis en hulle opdrag na nege maande en twintig dae voltooi en na Jerusalem toe teruggekeer.

9. Joab het aan die koning verslag gedoen oor die sensus. Daar was 800 000 manne van weerbare ouderdom in Israel en 500 000 in Juda.

10. Nadat Dawid die sensusopname laat maak het, het sy gewete hom begin pla. Hy bely toe teenoor die Here:“Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het.Vergeef tog my oortreding, Here,want ek het ’n baie dwase ding gedoen.”

11. Die volgende oggend, nadat Dawid opgestaan het, het die profeet Gad, die siener van Dawid, na hom toe gekom. Die woord van die Here het na Gad gekom. Dit het gesê:

12. “Gaan sê vir Dawid: ‘Dit is wat die Here sê: Ek gee jou drie keuses. Kies een van die volgende strawwe en Ek sal dit laat gebeur.’”

13. Gad het toe na Dawid toe gegaan en gevra: “Wat sal jy verkies? Drie jaar hongersnood in jou land, drie maande vlug voor jou vyande uit terwyl hulle jou agtervolg, of drie dae pes in jou land? Dink hieroor en laat my weet wat om die Here te antwoord.”

14. “Ek is in ’n hoek gedryf!” sê Dawid vir Gad. “Laat ek liewer in die hande van die Here val, want sy genade is groot. Moenie dat ek in die hande van mense val nie.”

15. Die Here stuur toe daardie oggend ’n pes oor Israel wat tot op die bestemde tyd geduur het. Oor die hele land, van Dan in die noorde tot Berseba in die suide, het 70 000 mense gesterf.

16. Die engel was op die punt om Jerusalem te verwoes, maar die Here het besluit om nie verder te gaan nie. Hy sê vir die engel wat die verwoesting gebring het: “Hou op! Dit is genoeg!” Op daardie oomblik was die engel van die Here by die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 24