hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ouderlinge en diakens vervul

albei ’n besondere rol in die

gemeente

1. Dit is ’n betroubare woord dat as iemand ’n ouderling wil wees, hy ’n eerbare verantwoordelikheid begeer.

2. Want ’n ouderling moet ’n man wees teen wie se lewe niks ingebring kan word nie. Hy moet aan sy vrou getrou wees. Hy moet selfbeheersing aan die dag lê, met wysheid lewe en ’n goeie reputasie hê. Hy moet gasvry wees en onderrig kan gee.

3. Hy moet hom nie aan drank vergryp of gewelddadig wees nie. Hy moet sagmoedig en vredeliewend wees; hy moet ook nie geldgierig wees nie.

4. Hy moet sy eie huisgesin goed kan bestuur en op waardige wyse oor sy kinders gesag uitoefen.

5. Want as ’n man nie sy eie huisgesin kan bestuur nie, hoe kan hy vir God se gemeente sorg?

6. ’n Ouderling moet nie ’n onlangse bekeerling wees nie, want as hy so gou gekies word, kan hy dalk verwaand raak, en die duiwel sal dié verwaandheid gebruik om hom tot ’n val te bring.

7. Die buitestanders moet ook goed van hom praat sodat hy nie in die duiwel se strik trap en tot skande kom nie.

8. Op dieselfde manier moet diakens mense wees wat gerespekteer word. Hulle moenie dubbelpraters wees, hulle aan drank vergryp of geldgierig wees nie.

9. Hulle moet verbind wees aan die geopenbaarde waarheid van die Christelike geloof, en hulle moet met ’n skoon gewete leef.

10. Voordat hulle as diakens aangestel word, moet hulle eers getoets word. As dit blyk dat hulle onbesproke is, kan hulle as diakens dien.

11. Net so moet hulle vroue gerespekteer word en nie kwaad praat van ander nie. Hulle moet selfbeheersing openbaar en getrou wees in alles wat hulle doen.

12. ’n Diaken moet getrou wees aan sy vrou, en hy moet sy kinders en huishouding goed beheer.

13. Dié wat goeie diens lewer as diakens, sal beloon word met respek van ander en sal groter vrymoedigheid ontwikkel in hulle geloof in Christus Jesus.

Die hartklop van geloof in Jesus

Christus

14. Ek skryf dié dinge nou aan jou alhoewel ek hoop om binnekort by jou te wees.

15. Ingeval ek vir ’n tydjie nog nie kan kom nie, sal jy weet hoe mense hulle moet gedra in die huishouding van God – dit is die kerk van die lewende God wat die pilaar en stut van die waarheid is.

16. Sonder enige twyfel is dít die geopenbaarde waarheid van ons geloof:Christus het as mens verskynen is deur die Gees as regverdig bewys.Hy het aan engele verskynen is aan die nasies verkondig. Hy is in die wêreld gegloen is opgeneem in heerlikheid.