Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 4:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. “Vat vir julle twaalf manne vanuit die volk, een man uit elke stam,

3. en beveel hulle en sê: ‘Vat vir julle van hier, uit die middel van die Yarden, vanaf die plek waar die voete van die priesters stewig bly staan het, twaalf klippe en dra hulle saam met julle deur en sit dit neer in die blyplek waar julle vannag gaan oorbly.’”

4. Y’hoshua het die twaalf manne geroep wat hy uit die seuns van Yisra’el, een man uit elke stam, aangestel het

5. en Y’hoshua het vir hulle gesê: “Gaan weer oor na die ark van יהוה, julle God, binne-in die Yarden en tel elkeen ’n klip op op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die seuns van Yisra’el.

6. Laat dit ’n teken onder julle wees sodat wanneer julle kinders later vra en sê: ‘Wat beteken hierdie klippe vir julle?’

7. dan moet julle vir hulle sê: ‘Die water van die Yarden is afgesny voor die ark van die verbond van יהוה; toe ons deur die Yarden gegaan het, is die water van die Yarden afgesny.’ Hierdie klippe is ’n herinnering vir die seuns van Yisra’el vir ewig.”

8. Die seuns van Yisra’el het gedoen soos Y’hoshua beveel het en het twaalf klippe uit die middel van die Yarden opgetel soos יהוה met Y’hoshua gepraat het, volgens die getal van die stamme van die seuns van Yisra’el en hulle het dit saam met hulle oorgedra na die plek waar hulle oorgebly het en dit daar neergesit.

9. Toe het Y’hoshua die twaalf klippe opgerig, wat hulle uit die middel van die Yarden gevat het, op die plek waar die voete van die priesters, wat die verbondsark gedra het, gestaan het en dit is daar tot vandag toe.

10. Die priesters, wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Yarden totdat alles voltooi was wat יהוה Y’hoshua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moshe Y’hoshua beveel het en die volk het gou gemaak en deurgetrek

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 4