Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 22:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Toe hulle kom by die streek van die Yarden, wat in die land Kena’an lê, het die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh daar ’n altaar gebou by die Yarden, ’n altaar groot van aansien.

11. Die seuns van Yisra’el het gehoor dat dit gesê word: “Let op, die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh het ’n altaar gebou op die grens van die land Kena’an, in die streek van die Yarden, aan die kant wat behoort aan die seuns van Yisra’el.”

12. Toe die seuns van Yisra’el dit hoor, het die hele vergadering van die seuns van Yisra’el bymekaargekom in Shiloh om teen hulle op te trek in oorlog.

13. Toe het die seuns van Yisra’el vir Pingas, die seun van El’azar, die priester, na die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh, in die land van Gil’ad gestuur

14. en tien leiers saam met hom, een leier vir elke vader se familie, van elkeen van die stamme van Yisra’el en hulle was elkeen die familiehoof van die stamme van Yisra’el.

15. Hulle het by die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh in die land Gil’ad gekom en met hulle gepraat en gesê:

16. “So sê die hele vergadering van יהוה: ‘Wat is hierdie ontrou daad wat julle begaan het teen die God van Yisra’el, dat julle vandag weggedraai het daarvan om יהוה te volg deur vir julle ’n altaar te bou, deur vandag teen יהוה te rebelleer?

17. Is die boosheid by P’or vir ons nog nie genoeg nie; waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie, alhoewel ’n plaag oor die vergadering van יהוה gekom het;

18. as julle vandag wegdraai daarvan om יהוה te aanbid, as julle vandag teen יהוה rebelleer sal Hy môre woedend wees met die hele vergadering van Yisra’el.

19. As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die land van die besitting van יהוה, waar die tabernakel van יהוה staan en neem besit onder ons. Moet net nie teen יהוה rebelleer nie, of teen ons rebelleer deur vir julleself ’n altaar te bou, naas die altaar van יהוה, ons God, nie.

20. Het `Akhan, die seun van Zerag, nie ontrou gehandel teenoor die bangoed en die toorn het oor die hele vergadering van Yisra’el gekom nie? Daardie man het nie alleen in sy boosheid omgekom nie.’”

21. Toe het die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh geantwoord en aan die stamhoofde van Yisra’el gesê:

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 22