Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 13:16-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. en ook nie vis mag bring of aan die seuns van Y’hudah of in Yerushalayim op die Shabbat mag verkoop nie.

17. Ek het met die leiers van Y’hudah geargumenteer en vir hulle gesê: “Waarom doen julle hierdie bose ding en onteer die Shabbatdag?

18. Julle vaders het net so gehandel en God het al hierdie ongeluk op ons en hierdie stad gebring, tog bring julle meer toorn en woede op Yisra’el deur die Shabbat te onteer!”

19. Wanneer die poorte van Yerushalayim voor die Shabbat oop was, het ek beveel dat die poorte gesluit moes word en beveel dat hulle nie oopgemaak sal word tot ná die Shabbat nie. Ek het sommige van my diensknegte by die poort geplaas sodat daar geen vrag op die Shabbat ingebring sal word nie.

20. Die handelaars en die verkopers van allerhande soorte handelsware, het een of twee keer buite Yerushalayim geslaap.

21. Toe het ek teen hulle getuig en vir hulle gesê: “Waarom kom julle nie in by die poort in die muur terwyl die son nog hoog is nie? As julle weier om hierdie opdrag uit te voer sal ek julle straf.” Van daardie dag af aan het hulle nie meer op die Shabbat ingekom nie.

22. Ek het aan die Leviete opdrag gegee om hulleself te reinig en dat die wagte en die poortwagters moet kom om die poorte op te pas om die Shabbat af te sonder. O my God, onthou my ook hieroor en spaar my as gevolg van die oorvloed van U onverdiende guns.

23. In dié dae het ek ook Y’hudahiete gesien wat vroue van Ashdod, `Ammon en Mo’av getrou het

24. en hulle seuns het half in die taal van Ashdod gepraat en in die ander helfte kon hulle nie verstaanbaar in die taal van Y’hudah praat nie, maar volgens die taal van elke volk.

25. Ek het met hulle geargumenteer en hulle vervloek en sommige van hulle geslaan en hulle hare uitgepluk en ander by God laat sweer en gesê: “Julle mag nie julle dogters aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself vat nie!2 Kon 23:13

26. Shlomo, die koning van Yisra’el, het deur hierdie dinge gesondig. Tog was daar onder baie nasies nie ’n koning soos hy nie, waarvoor sy God lief was en God het hom koning oor die hele Yisra’el gemaak. Nogtans het vreemde vroue selfs vir hom laat sondig

27. en dit is aan julle bekendgemaak en tog het julle hierdie groot boosheid gedoen om te oortree teen ons God deur vreemde vroue te trou.”

28. Een van die seuns van Yoyada, die seun van Elyashiv, die hoofpriester, was ’n skoonseun van Sanvallat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggejaag.

29. Onthou my, o my God, aangaande hulle wat oorgebly het van die priesterdom en die verbond van die priesters en die Leviete.

30. So het ek hulle gereinig van al die ander nasies en hulle in hulle dienswerk aangestel, beide die priesters en die Leviete, elkeen in sy werk,

Lees volledige hoofstuk Negemyah 13