Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 3:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Toe het Yeshua, die seun van Yotzadak,

3. Hulle het die altaar op sy basis opgerig omdat vrees oor hulle was vir die mense wat in die stede gebly het en hulle het brandoffers tot יהוה daarop geoffer, brandoffers in die oggend en in die aandYeg 43:18-27

4. en hulle het die Sukkot (Huttefees) gehou soos geskryf staan en die daaglikse brandoffers volgens die getal gebring, volgens die instelling, volgens die daaglikse vereiste;

5. daarna die voortdurende brandoffer, beide van die Nuwemane en van al die feeste van יהוה wat afgesonder is en van elkeen wat aan יהוה ’n vrywillige offer gebring het.

6. Vanaf die eerste dag van die sewende maand het hulle begin om brandoffers aan יהוה te offer, maar die fondament van die tempel van יהוה was nog nie gelê nie.

7. Hulle het geld gegee aan die klipkappers en die skrynwerkers en aan die manne van Tzidon en Tzor het hulle kos, drank en olie gegee om sederhout per see vanaf die L’vanon te bring, na Yafo, volgens die toegewing van Koresh, koning van Perse, aan hulle.

8. In die tweede jaar van hulle aankoms by die huis van God in Yerushalayim, in die tweede maand, het Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el en Yeshua, die seun van Yotzadak, die res van hulle broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangeskap na Yerushalayim gekom het, begin om die Leviete van twintig jaar oud en ouer aan te stel om toesig te hou oor die werk aan die huis van יהוה in die dag.

9. Toe het Yeshua, met sy seuns en sy broers, Kadmi’el met sy seuns en die seuns van Y’hudah, saam opgestaan soos een man, om die werk aan die huis van יהוה te doen; asook die seuns van Henadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete.

10. Toe die bouers die fondamente van die gebou van die tempel van יהוה gelê het, het die priesters in hulle ampsdrag, met ramshorings en die Leviete, die seuns van Asaf, met groot ramshorings opgestel om יהוה helder en duidelik te prys volgens die instelling van Dawid, koning van Yisra’el.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 3