Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 7:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Dit het gebeur dat Shlomo die huis van יהוה en die huis van die koning klaar gebou het en alles wat Shlomo in sy gedagtes beplan het om in die huis van יהוה en in die koning se huis te doen, het hy suksesvol uitgevoer.

12. יהוה het in daardie nag aan Shlomo verskyn en vir hom gesê: “Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir Myself gekies as ’n plek van offers.

13. As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek peste onder My volk stuur;

14. as My volk, wat in My Naam (Karakter en Outoriteit) geroep is, hulleself verneder (vas), bid, My Teenwoordigheid soek en wegdraai van hul verkeerde lewenswyses, dan sal Ek vanuit die hemel hoor, hulle sondes vergewe en hulle land genees.1 Kon 9:3

15. Nou sal My oë oop wees en My ore luister na die gebed wat in hierdie plek gemaak word,Yeg 43:7

16. want nou het Ek hierdie huis gekies vir Myself, dat My Gemanifesteerde Teenwoordigheid vir ewig daarin sal wees en dat My goeie werke en My wil vir altyd daarin gedoen sal word.

17. Wat jou betref, as jy in My Teenwoordigheid loop soos jou vader, Dawid, geloop het, met onskuld van verstand, wil en emosie en met opregtheid, om alles te doen wat Ek jou beveel het en My opdragte en instellings nakom,

18. dan sal Ek die troon van jou koninkryk vir ewig bevestig, soos wat Ek ’n verbond gesluit het met jou vader deur te sê: ‘Daar sal vir jou nie ’n seun kortkom in My Teenwoordigheid, om te sit op die troon van Yisra’el nie,’

19. maar as julle wegdraai van My lewenswyses, beide jy en jou kinders en nie My opdragte en My instellings hou wat Ek voor julle gesit het nie, maar gaan en die afgode van ander nasies dien en hulle aanbid,

20. dan sal Ek hulle verstrooi uit hierdie land wat Ek aan hulle gegee het en hierdie huis wat Ek vir My Naam (Karakter en Outoriteit) afgesonder het, sal Ek voor My gesig ontwortel en Yisra’el sal ’n spreekwoord en ’n bespotting wees onder al die nasies.

21. Hierdie huis sal in puin wees en elkeen wat verbygaan, sal staan en sy kop skud in verwondering en vra: “Waarom het יהוה so gedoen aan hierdie groot stad en aan hierdie huis?’

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 7