Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 18:7-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Die koning van Yisra’el antwoord Y’hoshafat: “Daar is nog een man deur wie ons יהוה kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy profeteer nooit goed oor my nie, maar altyd kwaad. Sy naam is Mikhay’hu, die seun van Yimlah.” Y’hoshafat het gesê: “Laat die koning nie so praat nie!”

8. Die koning van Yisra’el het een van die amptenare geroep en gesê: “Bring gou vir Mikhay’hu, die seun van Yimlah.”

9. Die koning van Yisra’el en Y’hoshafat, die koning van Y’hudah, het elkeen op sy troon gesit, aangetrek in koninklike klere en hulle het by die ingang van die poort van Shomron gesit en al die vals profete het voor hulle geprofeteer.

10. Tzidkiyah, die seun van ’n Kena’anitiese vrou, het vir homself ysterhorings gemaak en gesê: “So sê יהוה: “Hiermee sal u die Arameërs deurboor totdat hulle afgesny en vernietig is.”

11. So het al die profete geprofeteer en gesê: “Gaan op na Ramot-Gil’ad en triomfeer, want יהוה sal u vyande in u hand gee, o koning.

12. Die boodskapper wat gegaan het om Mikhay’hu te roep, het met hom gepraat en gesê: “Let op, die woorde van die profete het uit een mond goed verklaar vir die koning, laat jou woord dus nou aangenaam wees, soos een van hulle en profeteer ook goed.”

13. Mikhay’hu het gesê: “So waar as יהוה-God leef, wat my God in my verstand, wil en emosie sit, dit sal ek sê!”

14. Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: “Mikhay’hu, sal ons na RamotGil’ad gaan om te veg, of sal ek dit laat verbygaan?” Hy antwoord: “Gaan op en triomfeer en hulle sal in julle hand oorgegee word.”

15. Die koning sê vir hom: “Hoeveel maal moet ek jou smeek dat jy niks behalwe die waarheid, in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, vir my sal sê nie?”

16. Toe antwoord hy: “Ek het die hele Yisra’el op die berge verstrooid gesien, soos skape wat geen wagter het nie en יהוה het gesê: ‘Hulle het geen koning nie; laat elkeen van hulle dus in vrede teruggaan na sy huis toe.”

17. Toe sê die koning van Yisra’el vir Y’hoshafat: “Het ek u nie vertel dat hy niks goeds oor my wil profeteer nie, maar kwaad?”

18. Toe sê Mikhay’hu: “Hoor en luister daarom na die boodskap van יהוה: ek het יהוה sien sit op Sy troon en al die hemelse leërmagte staan aan sy regter- en aan sy linkerhand.

19. יהוה het gesê: ‘Wie sal vir Ag’av, die koning van Yisra’el, uitlok, dat hy kan opgaan en neergevel word by Ramot-Gil’ad?’ Een het gesê ek sal hom op hierdie manier uitlok en die ander op daardie manier.

20. Toe kom daar ’n gees uit en staan in die Teenwoordigheid van יהוה en sê: ‘Ek sal hom uitlok.’ יהוה vra vir hom: ‘Waarmee?’

21. Hy antwoord: ‘Ek sal uitgaan en ’n leuengees wees in die mond van al sy profete.’ יהוה sê: ‘Jy sal hom uitlok en ook oorwin; gaan uit en doen volgens wat jy gesê het.’

22. Nou, daarom, let op, יהוה het ’n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee terwyl יהוה onheil oor u verklaar het.”

23. Toe het Tzidkiyah, die seun van ’n Kena’anitiese vrou, nader gekom en vir Mikhay’hu op sy wang geslaan en gesê: “Van wanneer af het die Gees van יהוה van my af weggegaan om met jou te praat?”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 18