Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 23:7-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy het ook die huise van kultusprostitute afgebreek wat in die huis van יהוה was, waar die vroue behangsels geweef het vir die Asherah.

8. Toe het hy al die priesters uit die stede van Y’hudah laat kom en die hoë plekke onteer waarop die priesters wierook gebrand het, van Geba af tot by Be’er-Sh’va en die hoë plekke van die poorte afgebreek, wat by die ingang van die poort van Y’hoshua, die goewerneur van die stad, aan ’n mens se linkerhand by die stadspoort, was.

9. Nogtans het die priesters van die hoë plekke nie opgegaan na die altaar van יהוה in Yerushalayim nie, maar hulle het ongesuurde brode tussen hulle broers geëet.Deut 18:10; Deut 16:21

10. Hy het Tofet, wat in die Ben-Hinnom vallei was, ook onteer sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molekh deur die vuur sou laat gaan nie.

11. Hy het weggedoen met die perde wat die konings van Y’hudah aan die son gegee het, by die ingang van die huis van יהוה, by die kamer van N’tan-Melekh, die amptenaar, wat in die omgewing was en hy het die waens van die son met vuur verbrand.Deut 18:10; Deut 16:21

12. Die altare wat op die dak, die bo-kamer van Agaz, was, wat die konings van Y’hudah gemaak het en die altare wat M’nasheh in die twee howe van die huis van יהוה gemaak het, het die koning afgebreek en dit daar verbrysel en hulle stof in die Kidronspruit gegooi.

13. Die hoë plekke wat voor Yerushalayim was, regs van die Berg van Vernietiging, wat Shlomo, die koning van Yisra’el, vir `Ashtoret, die gruwel van die Tzidoniërs, vir K’mosh, die gruwel van Mo’av en vir Milkom, die gruwel van die seuns van `Ammon, gebou het, het die koning onteer.

14. Hy het die klippilare in stukkies gebreek, die Asherah afgekap en hulle plek met mensbene opgevul.

15. Verder, die altaar wat by Beit-El was en die hoë plek wat Yarov’am, die seun van N’vat, wat Yisra’el laat sondig het, gebou het; ook daardie altaar en die hoë plek het hy afgebreek. Toe het hy sy klippe afgebreek, tot stof gemaal en die Asherah verbrand.1 Kon 13:1,2

16. Toe Yoshiyahu omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit onteer, volgens die woord van יהוה wat verklaar is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.1 Kon 13:30-32

17. Toe sê hy: “Wat is hierdie monument wat ek sien?” Die manne van die stad antwoord hom: “Dit is die graf van die man van God wat uit Y’hudah gekom en hierdie dinge verklaar het wat u teen die altaar van Beit-El gedoen het.”

18. Hy het gesê: “Laat hom met rus, laat niemand sy bene versteur nie.” Hulle het sy bene en die bene van die profeet wat uit Shomron gekom het, met rus gelaat.

19. Yoshiyahu het ook al die huise van die hoë plekke wat in die stede van Shomron was, wat die konings van Yisra’el gebou het om יהוה te tart, verwyder en daarmee gedoen net soos hy in Beit-El gedoen het.

20. Al die priesters van die hoë plekke wat daar was, het hy op die altare doodgemaak en mensbene daarop gebrand. Toe het hy na Yerushalayim teruggegaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 23