hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die koning gestuur en hulle het al die oudstes van Y’hudah en Yerushalayim by hom versamel.

2. Die koning het opgegaan na die huis van יהוה en al die manne van Y’hudah en al die inwoners van Yerushalayim saam met hom en die priesters en die profete en al die mense, beide klein en groot en hy het al die woorde van die boek van die verbond, wat in die huis van יהוה gevind is, ten aanhore gelees.

3. Die koning het by die pilaar gestaan en ’n verbond in die Teenwoordigheid van יהוה gesluit om יהוה te volg, Sy opdragte, Sy getuienisse en Sy instellings met sy hele verstand, wil en emosie en sy hele lewe te onderhou en om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskryf is, uit te voer en al die mense het ingetree in die verbond.

4. Toe beveel die koning vir Hilkiyahu, die hoofpriester, die priesters van die tweede rang en die deurwagters om al die voorwerpe uit die tempel van יהוה te bring wat gemaak is vir Ba’al, vir Asherah en vir die hele leër van die hemel en hy het dit buitekant Yerushalayim in die velde van Kidron verbrand en hulle as na Beit-El gedra.

5. Hy het weggedoen met die afgodspriesters wat die konings van Y’hudah aangestel het om wierook te brand op die hoë plekke in die stede van Y’hudah en in die omgewing van Yerushalayim en ook dié wat tot Ba’al, tot die son, die maan, die sterretekens en die hele leër van die hemel wierook laat opgaan het.

6. Hy het die Asherah uit die huis van יהוה na buitekant Yerushalayim uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof gemaal en sy stof gegooi op grafte van die gewone mense.

7. Hy het ook die huise van kultusprostitute afgebreek wat in die huis van יהוה was, waar die vroue behangsels geweef het vir die Asherah.

8. Toe het hy al die priesters uit die stede van Y’hudah laat kom en die hoë plekke onteer waarop die priesters wierook gebrand het, van Geba af tot by Be’er-Sh’va en die hoë plekke van die poorte afgebreek, wat by die ingang van die poort van Y’hoshua, die goewerneur van die stad, aan ’n mens se linkerhand by die stadspoort, was.

9. Nogtans het die priesters van die hoë plekke nie opgegaan na die altaar van יהוה in Yerushalayim nie, maar hulle het ongesuurde brode tussen hulle broers geëet.Deut 18:10; Deut 16:21

10. Hy het Tofet, wat in die Ben-Hinnom vallei was, ook onteer sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molekh deur die vuur sou laat gaan nie.

11. Hy het weggedoen met die perde wat die konings van Y’hudah aan die son gegee het, by die ingang van die huis van יהוה, by die kamer van N’tan-Melekh, die amptenaar, wat in die omgewing was en hy het die waens van die son met vuur verbrand.Deut 18:10; Deut 16:21

12. Die altare wat op die dak, die bo-kamer van Agaz, was, wat die konings van Y’hudah gemaak het en die altare wat M’nasheh in die twee howe van die huis van יהוה gemaak het, het die koning afgebreek en dit daar verbrysel en hulle stof in die Kidronspruit gegooi.

13. Die hoë plekke wat voor Yerushalayim was, regs van die Berg van Vernietiging, wat Shlomo, die koning van Yisra’el, vir `Ashtoret, die gruwel van die Tzidoniërs, vir K’mosh, die gruwel van Mo’av en vir Milkom, die gruwel van die seuns van `Ammon, gebou het, het die koning onteer.

14. Hy het die klippilare in stukkies gebreek, die Asherah afgekap en hulle plek met mensbene opgevul.

15. Verder, die altaar wat by Beit-El was en die hoë plek wat Yarov’am, die seun van N’vat, wat Yisra’el laat sondig het, gebou het; ook daardie altaar en die hoë plek het hy afgebreek. Toe het hy sy klippe afgebreek, tot stof gemaal en die Asherah verbrand.1 Kon 13:1,2

16. Toe Yoshiyahu omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit onteer, volgens die woord van יהוה wat verklaar is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.1 Kon 13:30-32

17. Toe sê hy: “Wat is hierdie monument wat ek sien?” Die manne van die stad antwoord hom: “Dit is die graf van die man van God wat uit Y’hudah gekom en hierdie dinge verklaar het wat u teen die altaar van Beit-El gedoen het.”

18. Hy het gesê: “Laat hom met rus, laat niemand sy bene versteur nie.” Hulle het sy bene en die bene van die profeet wat uit Shomron gekom het, met rus gelaat.

19. Yoshiyahu het ook al die huise van die hoë plekke wat in die stede van Shomron was, wat die konings van Yisra’el gebou het om יהוה te tart, verwyder en daarmee gedoen net soos hy in Beit-El gedoen het.

20. Al die priesters van die hoë plekke wat daar was, het hy op die altare doodgemaak en mensbene daarop gebrand. Toe het hy na Yerushalayim teruggegaan.

21. Toe het die koning al die mense beveel en gesê: “Vier Pesag vir יהוה, julle God, soos geskrywe is in hierdie boek van die verbond.”

22. Daar is sekerlik nie so ’n Pesag gevier vanaf die dae van die Rigters, wat Yisra’el gerig het, of gedurende al die dae van die konings van Yisra’el en die konings van Y’hudah nie,2 Kro 35:1-19

23. maar in die agttiende jaar van koning Yoshiyahu is hierdie Pesag tot יהוה in Yerushalayim gehou.

24. Yoshiyahu het verder ook die mediums, die spiritiste, die huisgode en die afgode en al die gruwels wat in die land van Y’hudah en in Yerushalayim te sien was, verwyder, om die woorde van die wet te bevestig wat geskryf is in die boek wat Hilkiyahu, die priester, in die huis van יהוה gekry het.

25. Voor hom was daar geen koning soos hy, wat met sy hele gees, verstand, wil en emosie en met al sy krag omgedraai het na יהוה volgens die hele wet van Moshe nie en ook het nie een ná hom soos hy opgestaan nie.

26. Nogtans het יהוה nie weggedraai van die ernstigheid van Sy groot toorn waarmee Sy woede teen Y’hudah gebrand het oor al die tartinge waarmee M’nasheh Hom getart het nie.

27. יהוה het gesê: “Ek sal Y’hudah ook uit My sig verwyder soos Ek Yisra’el verwyder het en Ek sal hierdie stad Yerushalayim verwerp wat Ek gekies het en die huis waarvan Ek gesê het: ‘My Karakter en Outoriteit (Naam) sal daar wees.’”

28. Die res van die dade van Yoshiyahu en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

29. In sy dae het Farao N’khoh, koning van Mitzrayim, teen die koning van Ashur opgegaan na die Eufraatrivier en koning Yoshiyahu het hom tegemoet gegaan en toe hy hom sien, het hy vir Yoshiyahu gedood by Megiddo.

30. Sy diensknegte het sy liggaam in ’n strydwa vanaf Megiddo gery en hom na Yerushalayim gebring en hom in sy eie graf begrawe. Toe het die mense van die land vir Y’ho’agaz, die seun van Yoshiyahu, gevat, hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak.2 Kro 36:1-4

31. Y’ho’agaz was drie en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het drie maande lank in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Hamutal, die dogter van Yirmeyahu, van Livnah.

32. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, volgens alles wat sy vaders gedoen het.

33. Farao N’khoh het hom in Rivlah, in die land van Hamat, gevange gehou sodat hy nie in Yerushalayim sou regeer nie en die land ’n boete opgelê van ’n honderd talente silwer en ’n talent goud.2 Kro 36:4

34. Farao N’khoh het Elyakim, die seun van Yoshiyahu, koning gemaak in die plek van Yoshiyahu, sy vader en sy naam verander na Y’hoyakim, maar hy het Y’ho’agaz weggevat en hom na Mitzrayim gebring en hy is daar dood.

35. Y’hoyakim het die silwer en die goud vir Farao gegee, maar hy het die grond belas om die geld volgens die bevel van Farao te gee. Hy het die silwer en die goud van die mense van die land ingevorder, elkeen volgens sy waardasie, om dit vir Farao N’khoh te gee.

36. Y’hoyakim was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het elf jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Z’vudah, die dogter van P’dayah, van Rumah.

37. En hy het boos gedoen in die oë van יהוה, volgens alles wat sy vaders gedoen het.