Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 23:2-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Die koning het opgegaan na die huis van יהוה en al die manne van Y’hudah en al die inwoners van Yerushalayim saam met hom en die priesters en die profete en al die mense, beide klein en groot en hy het al die woorde van die boek van die verbond, wat in die huis van יהוה gevind is, ten aanhore gelees.

3. Die koning het by die pilaar gestaan en ’n verbond in die Teenwoordigheid van יהוה gesluit om יהוה te volg, Sy opdragte, Sy getuienisse en Sy instellings met sy hele verstand, wil en emosie en sy hele lewe te onderhou en om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskryf is, uit te voer en al die mense het ingetree in die verbond.

4. Toe beveel die koning vir Hilkiyahu, die hoofpriester, die priesters van die tweede rang en die deurwagters om al die voorwerpe uit die tempel van יהוה te bring wat gemaak is vir Ba’al, vir Asherah en vir die hele leër van die hemel en hy het dit buitekant Yerushalayim in die velde van Kidron verbrand en hulle as na Beit-El gedra.

5. Hy het weggedoen met die afgodspriesters wat die konings van Y’hudah aangestel het om wierook te brand op die hoë plekke in die stede van Y’hudah en in die omgewing van Yerushalayim en ook dié wat tot Ba’al, tot die son, die maan, die sterretekens en die hele leër van die hemel wierook laat opgaan het.

6. Hy het die Asherah uit die huis van יהוה na buitekant Yerushalayim uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof gemaal en sy stof gegooi op grafte van die gewone mense.

7. Hy het ook die huise van kultusprostitute afgebreek wat in die huis van יהוה was, waar die vroue behangsels geweef het vir die Asherah.

8. Toe het hy al die priesters uit die stede van Y’hudah laat kom en die hoë plekke onteer waarop die priesters wierook gebrand het, van Geba af tot by Be’er-Sh’va en die hoë plekke van die poorte afgebreek, wat by die ingang van die poort van Y’hoshua, die goewerneur van die stad, aan ’n mens se linkerhand by die stadspoort, was.

9. Nogtans het die priesters van die hoë plekke nie opgegaan na die altaar van יהוה in Yerushalayim nie, maar hulle het ongesuurde brode tussen hulle broers geëet.Deut 18:10; Deut 16:21

10. Hy het Tofet, wat in die Ben-Hinnom vallei was, ook onteer sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molekh deur die vuur sou laat gaan nie.

11. Hy het weggedoen met die perde wat die konings van Y’hudah aan die son gegee het, by die ingang van die huis van יהוה, by die kamer van N’tan-Melekh, die amptenaar, wat in die omgewing was en hy het die waens van die son met vuur verbrand.Deut 18:10; Deut 16:21

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 23