Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 9:13-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Sodra julle die stad ingaan, sal julle hom vind net voordat hy opgaan na die hoë plek om te eet, want die mense eet nie voordat hy kom nie omdat hy die offer moet seën; daarna eet die genooides. Gaan daarom nou op, want julle sal hom nou vind.”

14. Hulle het opgegaan na die stad toe. Toe hulle in die stad ingaan, let op, het Sh’mu’el uitgekom na hulle toe om op te gaan na die hoë plek toe.

15. ’n Dag voor Sha’ul se koms het יהוה aan Sh’mu’el geopenbaar en gesê:

16. “Ongeveer hierdie tyd môre sal Ek ’n man uit die land van Binyamin na jou toe stuur en jy moet hom salf as ’n heerser oor My volk Yisra’el en hy sal My volk bevry uit die hand van die F’lishtyne, want Ek het My volk in ag geneem omdat hulle geroep na My gekom het.

17. Toe Sh’mu’el vir Sha’ul sien, het יהוה vir hom gesê: “Let op, die man van wie Ek met jou gepraat het! Hierdie een sal heers oor My mense.”

18. Toe het Sha’ul nadergekom na Sh’mu’el in die poort en gevra: “Wys my asseblief waar die huis van die siener is?”

19. Sh’mu’el het Sha’ul geantwoord en gesê: “Ek is die siener! Gaan op voor my uit na die hoë plek, want julle sal vandag saam met my eet en ek sal jou in die oggend vroeg laat gaan en alles wat in jou gedagtes is, sal ek vir jou vertel.

20. Wat die donkies betref wat drie dae gelede weg is, moenie aan hulle dink nie, want hulle is gevind en vir wie is alles wat begeerlik is in Yisra’el? Is dit nie vir jou en jou vader se hele huishouding nie?”

21. Sha’ul antwoord: “Is ek nie ’n Binyaminiet, uit die kleinste van die stamme van Yisra’el en my familie die geringste uit al die families van die stam van Binyamin nie? Waarom praat u dan so met my?”

22. Toe vat Sh’mu’el vir Sha’ul en sy dienskneg en vat hulle in die saal in en gee vir hulle ’n plek aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.

23. Sh’mu’el het vir die kok gesê: “Gee die gedeelte wat ek vir jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: ‘Sit dit eenkant’.”

24. Toe het die kok die boud, met wat daarop was, opgetel en dit voor Sha’ul neergesit. Sh’mu’el het gesê: “Hier is wat opsy gesit is, voor jóú neergesit! Eet, want dit is vir jou bewaar tot die bestemde tyd vandat ek gesê het dat ek die mense uitnooi.” So het Sha’ul dan dié dag saam met Sh’mu’el geëet.

25. Toe hulle vanaf die hoë plek afkom in die stad in, praat hy met Sha’ul op die dak.

26. Hulle het vroeg opgestaan en teen dagbreek het Sh’mu’el na Sha’ul op die dak geroep en gesê: “Staan op sodat ek jou kan wegstuur.” Sha’ul het opgestaan en beide hy en Sh’mu’el het uitgegaan in die straat in.

27. Soos hulle afgaan na die kant van die stad, sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Sê vir die dienskneg dat hy voor ons uit moet gaan en aangaan, maar staan jy nou eers stil dat ek die boodskap van God aan jou kan verkondig.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 9