hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Terwyl Hy verbygaan, sien Hy ’n man wat van sy geboorte af blind is.

2. Sy studentevolgelinge vra vir Hom en sê: “Leermeester, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?”

3. Yeshua antwoord: “Nie hy of sy ouers het gesondig nie, maar sodat dit wat God doen, in hom openbaar kan word.

4. Vir My is dit gepas om die werk te doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer ’n mens nie kan werk nie.

5. So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die Lig van die wêreld.”

6. Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond, maak klei van die spoeg en smeer die klei aan die oë van die blinde man

7. en Hy sê vir hom: “Gaan was jou in die doopbad van Shiloag.” Hy het gegaan, hom gewas en siende teruggekom.

8. Toe het die bure en die wat vroeër gesien het dat hy blind was, gesê: “Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?”

9. Sommige sê: “Dit is hy;” ander weer: “Hy lyk na hom;” hyself het gesê: “Dit is ek.”

10. Hulle vra vir hom: “Hoe is jou oë oopgemaak?”

11. Hy antwoord en sê vir hulle: “’n Man met die naam Yeshua, het klei gemaak, op my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan was jou in die waters van Shiloag.’ Ek het gegaan, my gewas en ek sien.”

12. Hulle vra vir hom: “Waar is Hy?” Hy sê: “Ek weet nie.”

13. Hulle neem hom, die man wat vroeër blind was, na die Fariseërs.

14. Dit was Shabbat toe Yeshua die klei gemaak en sy oë oopgemaak het.

15. Die Fariseërs vra hom weer: “Hoe het sig na jou toe gekom?” Hy antwoord hulle: “Hy het klei op my oë gesit, ek het my gewas en ek sien.”

16. Sommige van die Fariseërs sê: “Hierdie man kom nie van God nie omdat Hy die Shabbat nie hou nie;” ander sê: “Hoe kan ’n sondige mens sulke wondertekens doen?” Daar was verdeeldheid onder hulle.

17. Hulle het weer met die blinde man gepraat: “Wat sê jy van Hom, wat jou oë oopgemaak het?” Hy antwoord: “Ek sê Hy is ’n profeet.”

18. Die Jode het nie geglo dat hy blind was en siende geword het nie totdat hulle die ouers, van hom wat kon sien, geroep het.

19. Hulle vra vir hulle: “As dit julle seun is, van wie julle gesê het dat hy blind gebore is, hoe sien hy dan nou?”

20. Sy ouers antwoord en sê: “Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is,

21. maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë oopgemaak het, weet ons nie. Hy is self volwasse, vra hom; hy sal vir homself praat.”

22. Sy ouers het dit gesê omdat hulle bang was vir die Jode, want die Jode het reeds ooreengekom dat as iemand Hom as Die Gesalfde Een bely, hy uit die bymekaarkomplek geban sou word;

23. daarom het sy ouers gesê: “Hy is volwasse, vra hom.”Y’ho 7:19 want ons weet dat hierdie Man ’n sondaar is.”

24. Hulle roep toe die man wat blind was vir die tweede keer en sê vir hom: “Gee aan God die eer, lof en aanbidding,

25. Hy antwoord en sê vir hulle: “Of Hy ’n sondaar is, weet ek nie, maar een ding weet ek: ek was blind en let op, nou sien ek.”

26. Weer vra hulle vir hom: “Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë oopgemaak?”

27. Hy antwoord hulle: “Ek het julle vertel en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Wil julle ook Sy studentevolgelinge word?”

28. Hulle het hom beledig en vir hom gesê: “Jy is Sy studentevolgeling; ons is studentevolgelinge van Moshe.

29. Ons weet dat God met Moshe gepraat het, maar ons weet nie van waar Hy is nie.”

30. Die man antwoord en sê: “Hierin is dit vreemd dat julle nie weet van waar Hy is nie en Hy het my oë oopgemaak.

31. Ons weet dat God nie na die stem van ’n sondaar luister en doen nie, maar Hy luister en doen vir iemand wat God respekvol vrees, aanbid en Sy wil doen.

32. Van ewigheid af is daar nog nooit gehoor dat iemand die oë van ’n blindgebore mens oopgemaak het nie.

33. As Hy nie van God was nie, sou Hy dit nie kon doen nie.”

34. Hulle antwoord en sê vir hom: “Jy is volledig in sonde gebore en leer jý ons?” Hulle het hom uitgeban.

35. Yeshua het gehoor dat hulle hom uitgegooi het en toe Hy hom kry, vra Hy vir hom: “Vertrou jy in die Seun van God?”

36. Hy wat genees is, antwoord en sê: “Wie is Hy, my Meester, dat ek in Hom kan vertrou?”

37. Yeshua sê vir hom: “Jy het Hom gesien en Hy wat met jou praat, dit is Hy.”

38. Hy sê: “Ek vertrou, my Meester” en hy het voor Hom neergeval in aanbidding.

39. Yeshua sê: “Dit is om hierdie wêreld te oordeel dat Ek gekom het sodat die wat nie sien nie, mag sien en die wat sien, blind mag wees.”

40. Dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gevra: “Is ons ook blind?”Yir 2:35

41. Yeshua antwoord hulle: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie, maar nou sê julle: ‘Ons sien’; daarom bly julle sonde.”