hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Een van die Fariseërs, met die naam van Nakdimon, ’n leier van die Jode, het daar gebly.

2. Hierdie man het in die nag na Yeshua toe gekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ons weet dat U ’n leermeester is wat vanaf God gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat U doen, as God nie by hom is nie.”Ya’a 1:18; Tit 3:5; 1 Kef 1:23

3. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: as iemand nie van bo af gebore word nie, is dit onmoontlik vir hom om die Koninkryk van God te sien.”

4. Nakdimon vra vir Hom: “Hoe is dit moontlik vir ’n mens, as hy oud is, om gebore te word? Is dit nie onmoontlik vir ’n man om ’n tweede keer in sy moeder se baarmoeder in te gaan en gebore te word nie?”

5. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, is dit onmoontlik dat hy in die Koninkryk van God kan ingaan.

6. Dit wat uit die vlees gebore is, is vlees en dit wat uit die Gees gebore is, is Gees.

7. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het dat dit nodig is vir julle om van bo af gebore te word nie.

8. Die Gees blaas waar Hy wil en jy hoor Sy Stem, maar jy weet nie vanwaar Hy kom en waarheen Hy gaan nie. Net so is elkeen wat uit die Gees gebore is.”

9. Nakdimon antwoord en sê vir Hom: “Hoe is dit moontlik vir hierdie dinge om te gebeur?”

10. Yeshua antwoord en sê vir hom: “Jy is ’n leermeester van Yisra’el en jy weet hierdie dinge nie?

11. Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: Ons sê wat Ons verstaan en Ons getuig van wat Ons gesien het en julle aanvaar nie Ons getuienis nie.

12. As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle dit nie glo nie, hoe sal julle My glo as Ek julle van die hemelse vertel?

13. Niemand het opgegaan in die hemel in nie, behalwe Hy wat uit die hemel uit afgekom het, naamlik die Seun van die mens: Hy wat in die hemel isNum 21:6-9

14. en net soos Moshe die slang in die wildernis opgelig het, so sal die Seun van die mens opgelig word

15. sodat elke mens wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê,1 Yog 4:9,10

16. want op dié manier het God die wêreld liefgehad: só, dat Hy Sy enigste uniekgebore Seun opgegee het sodat elkeen wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê,

17. want God het nie Sy Seun in die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat Hy lewe aan die wêreld kan gee deur Sy hand.

18. Wie ook al in Hom vertrou, word nie geoordeel nie, maar hy wat nie vertrou nie, is nou alreeds veroordeel omdat hy nie vertrou het in die Karakter en Outoriteit (Naam) van die enigste Uniekgebore Seun van God nie.

19. Dit is die veroordeling: die Lig het in die wêreld gekom en die mense het die duisternis eerder liefgehad as die Lig, want hulle dade was boos,

20. want elkeen wat doen wat haatlik is, haat die Lig en kom nie na die Lig nie sodat sy dade nie veroordeel kan word nie,Efe 5:13

21. maar hy wat die waarheid doen, kom na die Lig sodat sy dade openbaar kan word, dat hulle deur God gedoen is.”

22. Na hierdie dinge het Yeshua en Sy studentevolgelinge na die streek van Y’hudah gegaan en daar het Hy saam met hulle gewerk en gedoop,

23. maar Yoganan was ook besig om te doop in Einayim, wat langs Shalem is, omdat daar water was en baie mense aangehou kom het en gedoop is,

24. want Yoganan is nog nie in die tronk gegooi nie.

25. Daar het ’n strydvraag ontstaan tussen ’n studentevolgeling van Yoganan en ’n sekere Jood oor die seremoniële reiniging

26. en hulle het na Yoganan gekom en vir hom gesê: “Leermeester, Hy wat saam met u oorkant die Yarden was, van Wie u getuig het, let op, Hy doop ook en baie gaan na Hom toe.”

27. Yoganan antwoord en sê vir hulle: “’n Mens kan niks ontvang uit sy eie wil nie, maar slegs as dit vir hom uit die hemel gegee is.

28. Julle is my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie Die Gesalfde Een nie, maar ek is een wat voor Hom uitgestuur is.Open 19:7

29. Hy wat die bruid het, is die Bruidegom, maar die vriend van die Bruidegom, wat na hom staan en luister, verheug hom baie oor die stem van die Bruidegom; daarom, let op, is my vreugde volledig.

30. Dit is nodig vir Hom om meer te word en vir my om minder te word.

31. Hy wat van bo kom, is hoër as almal; hy wat van die aarde is, is vanuit die grond en praat vanuit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is hoër as almal.

32. Dit wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy en niemand aanvaar Sy getuienis nie.

33. Wie Sy getuienis aanvaar, verklaar dat God waar is,Kol 2:9

34. want Hy wat deur God gestuur is, bring die boodskappe van God, want God het nie Sy Gees in mate gegee nie.

35. Die Vader het die Seun lief en het alles in Sy hand gegee.

36. Wie ook al in die Seun vertrou, het die ewige lewe en wie ook al die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die woede van God sal teen hom staan.”