hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: wie nie by die hek in die skaapkraal ingaan nie, maar van ’n ander plek af inklim, hy is ’n dief en ’n rower,

2. maar hy wat by die hek ingaan, is die herder van die skape.

3. Vir hom maak die hekwag oop en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

4. Wanneer hy sy eie skape uitgelei het, loop hy voor hulle uit en die skape volg hom omdat hulle sy stem ken.

5. Hulle sal nie saam met ’n vreemdeling gaan nie, maar weghardloop omdat hulle die stem van die vreemdeling nie ken nie.”

6. Hierdie vergelykende storie het Yeshua vir hulle vertel, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle gesê het nie.

7. Yeshua het weer vir hulle gesê: “’n Tydlose waarheid sê Ek vir julle: אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Hek van die skape.Yir 23:1-2 maar die skape het nie na hulle geluister nie.

8. Almal wat gekom het, is diewe en rowers,

9. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Hek en as iemand deur My ingaan, sal hy lewe en hy sal ingaan en uitgaan en weiding kry.

10. Die dief kom nie, as net om te steel, dood te maak en te vernietig. Ek het gekom dat hulle lewe kan hê en watter oorvloed daar ook al vir hulle is.Yeg 34:23; Yeg 37:24; Ps 23 Die goeie Herder lê Sy lewe neer vir Sy skape,

11. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die goeie Herder.

12. maar die huurling wat nie ’n herder is nie, wanneer hy ook al die wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg,

13. maar die huurling hardloop weg omdat hy ’n huurling is en nie vir die skape omgee nie en die wolf kom bytend na die skape en jaag hulle uitmekaar.

14. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die goeie Herder, Ek ken My eie en My eie ken My,

15. net soos My Vader My ken en Ek My Vader ken en Ek My lewe aflê ter wille van die skape,Gen 12:3; Gen 18:14; Gen 26:4; Yes 11:10; Yes 54:1-3; `Am 9:11

16. maar Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook bring. Hulle sal ook na My stem luister en die ganse kudde sal een wees met een Herder;

17. daarom is die Vader tevrede met My omdat Ek My lewe aflê om dit weer op te neem.

18. Niemand vat dit by My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het die outoriteit om dit af te lê en Ek het die outoriteit om dit weer op te neem. Hierdie opdrag het Ek van My Vader ontvang.”

19. Weer was daar verdeeldheid onder die Jode oor hierdie boodskap

20. en baie van hulle het gesê: “Hy het ’n demoon en is mal, wat luister julle na Hom?”

21. Ander het weer gesê: “Hierdie is nie woorde van iemand wat besete is nie; kan ’n demoon die oë van blindes oopmaak?”

22. Dit was die Ganukkahfees in Yerushalayim; dit was winter

23. en Yeshua het in die tempel, in die pilaargang van Shlomo, geloop.

24. Die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: “Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U Die Gesalfde Een is, sê dit vir ons reguit.”

25. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek het dit vir julle gesê en julle vertrou nie. Die dade wat Ek in die Outoriteit en Karakter van My Vader doen, dié getuig van My,

26. maar julle vertrou nie, want julle is nie van My skape nie, net soos Ek vir julle gesê het.

27. My skape hoor My stem, Ek ken hulle en hulle loop saam met My.

28. Ek gee ook aan hulle die ewige lewe en hulle sal vir ewig nie vernietig word nie en niemand sal hulle uit My hand ruk nie.

29. My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal en niemand kan hulle uit die hand van My Vader ruk nie.Deut 6:4

30. Ek en My Vader, Ons is Een.”

31. Die Jode het weer klippe opgetel om Hom te stenig.

32. Yeshua antwoord hulle: “Ek het vir julle baie, uitstekende dade van die Teenwoordigheid van My Vader af gewys. Oor watter een van dié dade stenig julle My?”

33. Die Jode antwoord Hom en sê: “Dit is nie oor ’n goeie daad dat ons U stenig nie, maar oor kwaadpraat van God omdat U wat ’n mens is, Uself God maak.”Ps 82:1-8

34. Yeshua antwoord hulle: “Is daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê, julle is gode,’ nie?

35. As dit húlle elohim (god) noem tot wie die Woord van Elohim (God) gekom het en die Skrif nie gebreek kan word nie,

36. sê julle vir Hom wat die Vader afgesonder en in die wêreld ingestuur het: ‘U praat kwaad teen God,’ omdat Ek gesê het: ‘Ek is die Seun van Elohim (God)’?

37. As Ek nie die dade van My Vader doen nie, moet julle My nie vertrou nie,

38. maar as Ek dit doen, al vertrou julle My nie, vertrou die dade sodat julle kan weet en vertrou dat die Vader in My is en Ek in Hom.”

39. Hulle het weer probeer om Hom te gryp en Hy het uit hulle hand uit weggekom.

40. Hy het weer na die anderkant van die Yarden gegaan na die plek waar Yoganan eers gedoop het en Hy het daar gebly.

41. Baie het na Hom toe gekom en gesê: “Yoganan het nie een wonderteken gedoen nie, maar alles wat Yoganan van hierdie Man gesê het, is waar.”

42. Baie het in Hom vertrou.