hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Na hierdie dinge het Yeshua in die Galil geloop, want Hy wou nie in Y’hudah loop nie omdat die mense van Y’hudah beplan het om Hom dood te maakLev 23:33-43; Num 29:12-39; Deut 16:13-16

2. en die fees van die Jode, Sukkot, was naby.

3. Sy broers het vir Hom gesê: “Gaan hiervandaan en gaan na Y’hudah sodat U studentevolgelinge die wonderdade wat U doen, kan sien,

4. want niemand doen iets in die geheim en begeer dat dit bekend sal wees nie. As U hierdie dinge doen, wys Uself aan die wêreld,”

5. want ook Sy broers het nie in Hom vertrou nie.

6. Yeshua sê vir hulle: “My tyd het nog nie gekom nie, maar julle tyd is altyd gereed.

7. Die wêreld kan julle nie haat nie, maar hy haat My omdat Ek van hom getuig dat sy dade boos is.

8. Gaan julle op na die fees. Ek gaan nie dadelik op na hierdie fees nie omdat my tyd nog nie aangebreek het nie.”

9. Hy het hierdie dinge gesê en in die Galil gebly,

10. maar nadat Sy broers opgegaan het na die fees, het Hy ook opgegaan, nie openlik nie, maar in die geheim.

11. Die mense van Y’hudah het Hom op die fees gesoek en gevra: “Waar is Hy?”

12. Daar is baie oor Hom geļ¬‚uister onder die mense. Sommige het gesê: “Hy is goed,” maar ander het gesê: “Nee, Hy mislei die mense.”

13. Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie omdat hulle bang was vir dié van Y’hudah.

14. Toe die fees halfpad was, het Yeshua opgegaan na die tempel en geleer

15. en die Jode het hulle verwonder en gevra: “Hoe ken hierdie man die boekrolle terwyl Hy nie geleer het nie?”

16. Yeshua antwoord en sê: “Wat Ek leer is nie van My af nie, maar van Hom wat My gestuur het.

17. Wie ook al besluit om Sy wil te doen, verstaan My lering en of dit vanuit God is en of Ek vir My eie plesier praat.

18. Hy wat uit die plesier van sy gedagtes praat, soek sy eie verering, maar Hy wat die eer en lof soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is getrou en daar is geen valsheid in Hom nie.

19. Is dit nie Moshe wat vir julle die wet gegee het nie? Tog hou nie een van julle die wet nie.

20. Waarom beplan julle om My dood te maak?” Die skare mense antwoord en sê: “Daar is ’n demoon in U. Wie beplan om U dood te maak?”

21. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek het een daad gedoen en julle is almal verwonderd.Lev 12:3 nie dat dit van Moshe is nie, maar van die vadersGen 17:1-27; Gen 21:4 en julle besny ’n seun op die Shabbat.

22. Vir hierdie rede het Moshe julle die besnydenis gegee,

23. As ’n seun besny word op die Shabbat omdat die wet van Moshe nie gebreek moet word nie; hoe kla julle teen My omdat Ek ’n volledige mens op die Shabbat gesond gemaak het?

24. Moenie oordeel volgens vals voorwendsels nie, maar oordeel met ’n regverdige oordeel.”

25. Die inwoners van Yerushalayim sê: “Is dit nie Hy wat hulle beplan om dood te maak nie

26. en let op, Hy praat openlik en hulle sê niks vir Hom nie? Is dit moontlik dat die oudstes weet dat Hy waarlik Die Gesalfde Een is?Mik 5:1

27. Ons weet van waar hierdie Een is, maar Die Gesalfde Een, wanneer Hy kom, sal niemand weet van waar Hy is nie.”

28. Yeshua verhef Sy stem terwyl Hy in die tempel leer en sê: “Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie, maar Hy wat My gestuur het, is Waar, vir Wie julle nie ken nie,

29. maar Ek ken Hom omdat Ek een met Hom is en Hy My gestuur het.”

30. Hulle wou Hom gryp en niemand het die hand aan Hom geslaan nie omdat Sy tyd nog nie gekom het nie,

31. maar baie van die mense het in Hom vertrou en gevra: “Wanneer Die Gesalfde Een kom, sal Hy meer wondertekens doen as wat hierdie man gedoen het?”

32. Die Fariseërs het gehoor dat die mense hierdie dinge van Hom sê en die Fariseërs en die leierpriesters het tempelwagte gestuur om Hom te vang.

33. Yeshua het gesê: “Ek is nog ’n kort tydjie by julle en Ek gaan om by Hom te wees wat My gestuur het.

34. Julle sal My soek en My nie kry nie en na waar Ek is, kan julle nie gaan nie.”

35. Daarop sê die Jode onder hulleself: “Waarheen berei Hy voor om te gaan dat ons nie by Hom kan wees nie? Berei Hy voor om na ’n streek van die nie-Jode te gaan en húlle te leer?`Am 8:12

36. Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: ‘Julle sal My soek en My nie kry nie en na waar Ek is, kan julle nie gaan nie’?”Yes 12:3; Yes 55:1; `Am 8:11

37. Op die laaste groot dag (Hoshana Rabbah) van die fees, het Yeshua opgestaan en verklaar: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!Yes 44:3; Yes 55:1; Yes 58:11; Yir 17:13; Yog 4:10-14

38. Elkeen wat in My vertrou, soos die Skrif sê: ‘Riviere van lewende water sal uit sy binneste vloei’.”

39. Dit het Hy gesê van die Gees, waarvoor dié wat in Hom vertrou, voorberei word om Hom te ontvang, want die Gees was nog nie gegee nie omdat Yeshua nog nie opgelig en vereer is nie.

40. Baie van die mense wat Sy woorde gehoor het, het gesê: “Hy is waarlik die profeet.”

41. Ander het gesê: “Hy is Die Gesalfde Een” en ander het gevra: “Kan Die Gesalfde Een uit die Galil kom?2 Sh'm 7:12 en uit BeitLegem,Mik 5:1 die dorp van Dawid, kom nie?”Yir 23:5-6

42. Sê die Skrif nie dat Die Gesalfde Een uit die geslag van Dawid

43. Daar was verdeeldheid oor Hom onder die skare mense

44. en sommige onder hulle wou Hom vang, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.

45. Daardie tempelwagte het by die leierpriesters en die Fariseërs gekom en die priesters vra vir hulle: “Waarom het julle Hom nie gebring nie?”

46. Die tempelwagte antwoord hulle: “Nog nooit het ’n mens gepraat soos hierdie man praat nie.”

47. Die Fariseërs vra vir hulle: “Is julle ook mislei?

48. Het iemand uit die leiers of uit die Fariseërs in Hom vertrou?

49. Hierdie mense daarenteen, wat die wet nie ken nie, is vervloek!”

50. Nakdimon, hy wat in die nag na Hom toe gegaan het, wat een van hulle was, sê vir hulle:

51. “Oordeel ons wet die mens sonder om eers by hom te hoor en te weet wat hy doen?”

52. Hulle antwoord en sê vir hom: “Is jy ook uit die Galil? Ondersoek en sien dat die Profeet nie uit die Galil sal opstaan nie.”

53. Toe gaan elkeen na sy huis toe.