hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die Gees sê duidelik dat hulle in die laaste dae een vir een die vertroue sal verlaat en na misleidende geeste en leringe van demone sal luister;

2. dié wat in valse vorm mislei, leuens vertel en hulle gewete skroei.

3. Hulle verbied om te trou en onthou hulle van kos wat God geskep het om met dankbaarheid gebruik te word deur dié wat vertrou en die waarheid ken,

4. want elke ding wat deur God geskep is, is goed en niks is verwerplik as dit met dankbaarheid ontvang word nie,

5. want dit word afgesonder deur die boodskap van God en gebed.

6. As jy hierdie dinge aan die broers voorhou, sal jy ’n goeie bedienaar van Yeshua, Die Gesalfde Een wees, soos jy grootgemaak is met boodskappe van vertroue en met goeie leringe wat aan jou geleer is.

7. Bly weg van ouvroustories en oefen jouself in onpartydige opregtheid,

8. want liggaamlike oefening is vir nou ’n bietjie voordelig, maar onpartydige opregtheid is voordelig vir alles en dit het ’n belofte van lewe, vir nou en vir die tyd wat kom.

9. Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap en waardig om aanvaar te word.

10. As gevolg hiervan werk ons ook hard en word ons verwyt omdat ons ’n versekerde verwagting het op die lewende God wat die Lewegewer is van alle mense, spesiļ¬ek van dié wat vertrou.

11. Beveel en leer hierdie dinge.

12. Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ’n voorbeeld vir die wat vertrou: in boodskap, in optrede, in liefde, in vertroue en in reinheid.

13. Totdat ek kom, wees ywerig in lees, in gebed en in lering.

14. Verwaarloos nie die gawe wat in jou is nie, wat deur profesie en die handoplegging van die oudstes aan jou gegee is.

15. Oordink hierdie dinge, leef in hierdie dinge sodat jy aan almal, voor wie jy kom, bekend kan wees.

16. Gee aandag aan jouself en jou leer en volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy en dié wat jou hoor, lewe.Lev 19:32 maar versoek hom soos ’n vader, die wat jonk is, soos jou broers,