hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Almal wat slawe is onder ’n juk, moet hulle eie meesters in alle eer hou sodat die Karakter en Outoriteit (Naam) van God en die leer nie kwaad van gepraat word nie,

2. maar die wat meesters het wat vertrou, moet hulle nie verag omdat hulle broers is nie, maar moet hulle eerder dien omdat hulle vertrou en die wat hulle verfris deur hulle diens, geliefdes is. Leer en versoek hierdie dinge van hulle.

3. As daar enige persoon is wat iets anders leer en nie saamstem met die gesonde boodskap van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en die leer aangaande die respekvolle vrees van God nie,

4. is hy trots en verstaan niks nie, maar is oneffektief in verskille en debatte waaruit jaloesie, twis, kwaadpraat en versterking van ’n bose verstand

5. en ellende van mense, wie se verstand korrup en van die waarheid beroof is en dink dat geldmaak aanbidding tot God is, kom; bly weg van hierdie dinge.

6. Ons voordeel uit die aanbidding van God is groot in dit wat nodig is, want ons het genoeg,Iyov 1:21; Ps 49:17-18

7. want ons het niks in die wêreld ingebring nie en ons weet dat ons ook niks daaruit kan uit vat nie;Spr 30:8

8. daarom is kos en klere vir ons genoeg,Spr 23:4 mense sink weg in korrupsie en in vernietiging,

9. maar die wat begeer om ryk te wees, word oorweldig deur versoekings en toetsinge en dwase en bose begeertes en

10. want die wortel van al hierdie booshede is die liefde vir geld. Daar is sommige wat dit begeer het, van die vertroue afgedwaal het en vir hulleself baie smarte gebring het,

11. maar jy, o man van God, ontsnap vanuit hierdie dinge en hardloop na onpartydige opregtheid, na regverdigheid, na vertroue, na liefde, na volhardende geduld en na nederige sagtheid.

12. Veg in die goeie geveg van vertroue en gryp na die ewige lewe; die dinge waartoe jy ook geroep is en ’n goeie erkenning wat jy erken het voor baie getuies.

13. Ek getuig teenoor jou voor God, wat aan alle dinge lewe gee en voor Yeshua, Die Gesalfde Een, wat voor Pontios Pilatos die goeie getuienis getuig het,

14. dat jy die opdragte onbevlek en onberispelik uitvoer tot by die openbaring van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een;Deut 10:17

15. Hy wat op Sy eie bepaalde tyd deur God openbaar sal word: die Geseënde Een, die Magtige Een, die Enigste Een, die Koning van die konings en die Meester van krag,Eks 33:18-23 Hom aan Wie eer en outoriteit vir ’n tydlose ewigheid behoort. Dit is waar!

16. Hy wat alleen onsterflik is en in ’n ontoeganklike lig bly, wat geen mens gesien het of kan sien nie;

17. Beveel die wat in dié wêreld ryk is om nie trots te wees nie en om ook nie hulle vertroue te plaas op die onsekerheid van rykdom nie, maar op die lewende God wat aan ons alles ryklik gee vir ons vertroosting en versterking

18. en hulle moet goeie dade doen en ryk wees in goeie dade, gereed wees om te gee en te deel

19. en hulle sal vir hulleself ’n goeie fondasie lê vir die toekoms sodat hulle die ware lewe mag aangryp.

20. O! Timotheos, bewaar wat aan jou toevertrou is en ontvlug van die dogters met die leë stemme (onafgesonderde en nuttelose gepraat) en van die verdraaiings van valse kennis,

21. want die wat dit verkondig het, het self van die vertroue af weggedwaal. Onverdiende guns bly by jou! Dit is waar!