hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Ouer man moet jy nie bestraf nie,

2. ouer vroue, soos moeders en die wat jonger is, soos jou susters in alle reinheid.

3. Eer die weduwees wat werklik weduwees is

4. en as ’n weduwee kinders of kleinkinders het, moet hulle verstaan dat hulle eerste teenoor hulle eie huis verantwoordelik moet wees en dat hulle aan hulle ouers moet betaal, want dit is aanvaarbaar in die Teenwoordigheid van God.Yir 49:11

5. Die werklike weduwee wat alleen gelaat is, se verwagting is van God en volhard in gebede en versoeke, nag en dag.

6. Sy wat die arena aanbid (oorgegee is aan plesier), is dood terwyl sy lewe.

7. Beveel hierdie dinge aan hulle sodat hulle onberispelik kan wees,

8. maar iemand, veral iemand wat deel is van dié wat vertrou, wat nie vir sy eie huisgenote sorg nie, het die vertroue verwerp en is slegter as ’n ongelowige.

9. ’n Weduwee van nie minder as sestig jaar oud nie, word gekies, wat die vrou van een man was

10. en getuienis het van goeie dade, as sy haar kinders grootgemaak het, gasvry was, die afgesonderdes versorg het, dié met moeilikheid gehelp en in elke goeie daad geleef het,

11. maar jy moet die jong weduwees wegwys, want hulle skei af van Die Gesalfde Een en begeer om te trou.

12. Hulle oordeel is vas omdat hulle hul eerste vertroue verwerp het,

13. maar hulle leer ook ledigheid deur van huis tot huis rond te gaan en nie alleen luiheid nie, maar ook vermeerderde pratery en die bespreking van nietighede en praatjies wat nie toepaslik is nie;

14. daarom wil ek hê dat die jong weduwees moet trou, kinders kry, hulle huise administreer en die teëstanders geen geleentheid gee om kwaad te praat nie,

15. want tot nou toe het hulle alreeds een vir een afgedraai agter die teëstander aan.

16. As ’n man of vrou wat vertrou, se familie weduwees het, moet dié hulle help en laat die gemeente nie belas word nie sodat hulle genoeg het om die wat waarlik weduwees is, te help.

17. Oudstes wat goed regeer, verdien dubbele eer, veral die wat hard werk in die boodskap en in lering,Deut 25:4 en: “Die werker verdien sy beloning.”Luk 10:7; 1 Kor 9:9

18. want die Skrif sê: “Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie”Deut 17:6; Deut 19:15

19. Moenie ’n klagte teen ’n oudste aanvaar nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.

20. Bestraf die wat sondig voor almal sodat die ander ook kan vrees.

21. Ek getuig tot jou voor God en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en Sy gekose engele, dat jy hierdie dinge gehoorsaam en laat jou gedagtes in niks bevooroordeeld wees nie en doen niks uit aanvaarding van mense nie.

22. Moenie haastig iemand die hande oplê nie en moet ook nie deel in die sondes van vreemdelinge nie. Hou jouself rein.

23. Moet van nou af aan nie langer water alleen drink nie, maar gebruik ’n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou kroniese siekte.

24. Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit na die oordeel, maar die van ander volg eers agterna.

25. Net so ook is die goeie werke baie duidelik en selfs die wat nie is nie, kan nie ’n geheim bly nie.