hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap: as iemand na gemeenteleierskap (as oudste) verlang, begeer hy ’n goeie werk.

2. ’n Oudste moet: onberispelik wees, die man van een vrou, van waaksame verstand, nugter, met goeie optrede, gasvry, ’n leermeester;

3. nie oortree aangaande wyn nie, nie vinnig om te slaan nie, maar sag; nie twissoekerig of lief vir geld nie;

4. wat sy eie huis goed regeer en sy kinders in gehoorsaamheid hou in alle reinheid,

5. want as iemand nie weet hoe om sy eie huis te regeer nie, hoe kan hy die gemeente van God lei?Deut 17:20; Yes 14:13-14; Yeg 28:1-19

6. Hy moet ook nie ’n nuwe studentevolgeling wees nie sodat hy nie trots word en in dieselfde oordeel as die teëstander val nie,

7. maar hy moet ook ’n goeie getuienis hê vanaf buitestaanders sodat hy nie in skande en in die strik van die teëstander val nie.

8. Net so moet die wat bedien, rein wees, nie uit twee monde praat nie, nie geneig wees na baie wyn nie, nie onrein rykdom liefhê nie,

9. maar wat die geheim van die vertroue in ’n skoon gewete vashou.

10. Hulle moet ook eers getoets word; dan, as hulle onberispelik is, laat hulle bedien.

11. Net so moet die vroue fatsoenlik wees, waaksaam in hulle gedagtes, vertrouenswaardig in alles en nie skinderaars wees nie.Tit 1:6-9

12. Die bedienaars moet mans van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer,

13. want die wat aanhou om goed te bedien, koop vir hulleself ’n eervolle plek en baie vrymoedigheid in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een.

14. Ek skryf vir jou hierdie dinge in die verwagting om gou na jou toe te kom,

15. maar as ek vertraag word, dat jy kan weet hoe iemand moet leef in die huishouding van God, wat die gemeente is van die lewende God; die pilaar en fondasie van die waarheid.

16. Waarlik groot is hierdie Geheimenis van onpartydige opregtheid, wat openbaar is in die vlees, onskuldig verklaar is in die Gees, verskyn het aan engele, verkondig is onder die nasies, vertrou is in die wêreld en Hy het opgegaan in eer, lof en grootheid.