hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timotheos 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek vra daarom eerste van alles dat versoeke, gebede, intredes en dankgebede gedoen moet word vir alle mense;Yir 29:7; Mat 22:19-21; Rom 13:1-6; 1 Tim 2:2; 1 Kef 2:13

2. vir konings en heersers sodat ons ’n stil en rustige lewe kan leef, in alle eerbied en respek tot God, in reinheid,

3. want dit is goed en aanvaarbaar voor God, ons Lewegewer,Yeg 18:23 en sal terugkeer na die kennis van die waarheid,

4. wat wil hê dat alle mense lewe sal hêDeut 6:4 en die Middelaar tussen God en die mense, die Mens, Yeshua, Die Gesalfde Een, is Een.

5. want God is Een

6. Hy wat Homself gegee het as ’n Losprys vir elke persoon; ’n Getuienis wat op die bepaalde tyd gekom het,

7. waarvan ek aangestel is as verkondiger en afgevaardigde; ek praat die waarheid, ek lieg nie, dat ek die leermeester van die ander nasies is in vertroue van die waarheid.Yes 1:15

8. Ek wil daarom hê dat die mans op elke plek moet bid en afgesonderde, rein hande oplig sonder woede en komplotte.

9. So ook moet die vroue hulleself versier met fatsoenlike, kuis klere. In skugterheid en fatsoenlikheid sal hulle versiering wees, nie in vlegsels of goud of pêrels of in mooi klere nie,

10. maar in goeie dade, soos dit by vroue pas wat bely om God te aanbid.

11. Laat ’n vrou in stilte leer in alle gehoorsaamheid,Open 2:20 óf oor die man outoriteit te neem nie, maar sy moet stil wees,

12. want ek laat die vrou nie toe om lering te gee

13. want Adam is eerste gevorm, daarna Havah

14. en Adam is nie mislei nie, maar die vrou is mislei en het die opdrag oortree,

15. maar sy lewe deur haar kinders, as hulle voortgaan in vertroue, liefde, afsondering en fatsoenlikheid.