Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:9-17 Die Boodskap (DB)

9. Die dapper soldate van Teman se broek sal bewe. Elke man daar bo in Edom se berge sal doodgemaak word.

10. Jy het die nageslag van jou pa se broer baie hard behandel. Jy behoort jou daaroor te skaam. Omdat jy jou oom Jakob se nageslag vermoor het, sal jy self uitgemoor word.

11. Die dag toe daar mense van ’n ander plek gekom en Jerusalem verwoes het, het jy met gevoude arms gestaan en kyk sonder om ’n vinger te verroer. Toe vreemdelinge deur die hekke van Jerusalem marsjeer en lootjies getrek het oor die goed wat hulle uit die stad gevat het, was jy aan hulle kant.

12. Jy moes nie staan en lekkerkry het die dag toe die teëspoed jou broersvolk getref het nie. Dit was nie nodig dat jy gewys het hoe bly jy is die dag toe hulle die mense van Juda doodgemaak het nie. Dit was nie reg dat jy alles oor hulle te sê gehad het die dag toe hulle benoud geraak het nie.

13. Dit was nie reg dat jy ook in Jerusalem moes ingaan op die dag toe die ramp hom getref het nie. Jy moes nie so ingenome toegekyk het toe die ongeluk hom tref nie. Jy moes nie ook sy goed gaan staan en steel het toe die onheil oor hom gekom het nie.

14. Jy moes nie by die plek gaan staan het waar die paaie kruis om dié dood te maak wat uit die stad uit weggekom het nie. Dit was verkeerd van jou om dié wat die aanval oorleef het aan die vyand uit te lewer.

15. Die dag waarop die Here met al die nasies sal afreken, is baie naby. Presies net soos jy met ander gemaak het, Edom, sal daar met jou gemaak word.Jy sal presies net so behandel word.

16. Soos julle by my tempel drank gedrink het, sal al die nasies my oordeel moet drink.Hulle sal alles moet opdrink tot daar niks meer van hulle oorbly nie.

17. My tempel op die berg Sion sal ’n plek word waarheen die mense vlug. Dit sal die plek wees wat vir My eenkant gesit is. Die nageslag van Jakob sal daar kom kry wat aan hulle behoort.

Lees volledige hoofstuk Obadja 1