Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:1-13 Die Boodskap (DB)

1. Op die 24ste dag van dieselfde maand het die Israeliete vir ’n vasdag bymekaargekom. Om hulle hartseer oor hulle sonde te wys het hulle sakke in plaas van klere aangetrek en stof op hulle koppe gegooi om te wys dat hulle sondaars is.

2. Die Israeliete wat alle bande met vreemdelinge verbreek het, het opgestaan en belydenis gedoen van hulle sonde. Hulle het ook om vergifnis gevra vir die oortredings van hulle voorouers.

3. Hulle het net so bly staan terwyl die wet van die Here hulle God drie ure lank aan hulle voorgelees is. Toe het hulle daarna nog drie ure lank hulle sonde voor die Here hulle God bely en Hom aanbid.

4. Op die verhoog het die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani hardop tot die Here hulle God gebid.

5. Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê: “Prys die Here julle God. Hy ken geen begin of einde nie! U groot Naam moet geprys word. U roemryke Naam is verhewe bo alle lof en roem.”

6. U, Here, U is die enigste Here!U het die hemel met al sy sterre en planete gemaak.Ook die aarde met al sy bewoners en die see met alles daarin.U gee lewe.Daarom buig die hemelse skare in aanbidding voor U.

7. U, Here, is die God wat vir Abram geroep het, U het hom laat wegtrek uit Ur van die Galdeërs uit en hom die naam Abraham gegee.

8. Toe U sien dat hy U alleen gedien het,het U met hom ’n ooreenkoms aangegaandat U die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete,die Feresiete, die Jebusiete en die Girgasieteaan hom en sy kinders sou gee.U het u woord gehou omdat U onder alle omstandighede betroubaar is.

9. U het gesien hoe ons voorouers in Egipte gely het.U het gehoor toe hulle ernstig om hulp geroep het by die Rietsee.

10. U het asemrowende wonders gedoen wat die farao, sy werkers en sy volk stomgeslaan het,want U het geweet dat hulle u volk sonder enige respek behandel. Daardeur het U vir U ’n groot en roemryke reputasie opgebou wat tot vandag toe onthou word.

11. U het vir hulle ’n pad deur die see gemaaksodat hulle droogvoets daardeur kon loop.Maar hulle vyande wat hulle agtervolg het,het U in dieselfde see laat verdrink.U het hulle soos ’n klip na die bodem toe laat sink.

12. Bedags het U met ’n wolkkolom voor hulle uitgetrek om vir hulle die pad te wys en snags met ’n kolom van vuur, sodat hulle nie verdwaal het nie.

13. U het afgekom uit die hemel na die berg Sinai toe en uit u woonplek met hulle gepraat. Die opdragte wat U vir hulle gegee het, was nie moeilik om te gehoorsaam nie. U wette is vir altyd waar en geldig.Dit wat U voorskryf, is goed en reg.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9