Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 2:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die stem wat met my gepraat het, het duidelik gesê: “Staan op, mens. Ek wil vir jou iets sê.”

2. Toe ek die stem hoor, het dit gevoel of ek regop geruk word. Ek het besef dat dit die Gees van die Here was wat oor my gekom het. Ek het krag gekry om regop voor die troon te gaan staan. Toe het ek goed na die Here se stem geluister.

3. Hy het gesê: “Mens, Ek stuur jou na die nasie, na Israel toe. Dit is ’n nasie wat aanhoudend teen My in opstand kom. Hulle oupagrootjies en oupas het van die begin af al teen My in opstand gekom. En vandag is die volk Israel steeds in opstand teen My.

4. Hulle is vreeslik moedswillig, die mense na wie toe Ek jou stuur. Hulle doen nie wat Ek vir hulle sê nie. En hulle is hardkoppig. Hulle hoor nie as Ek met hulle praat nie. Ek gee jou die opdrag: jy moet presies vir hulle gaan sê wat Ek, die Here hulle God, vir jou sê om vir hulle te gaan vertel. Jy moet vir hulle gaan sê: ‘Dit is wat die Here sê wat oor alles regeer!’

5. Jy moet met hulle praat, of hulle nou luister en of hulle nie luister nie. Want onthou, hulle is ’n klomp rebelle wat heeltyd teen My in opstand is. As hulle na jou geluister het, sal hulle ten minste weet dat daar iemand onder hulle was wat gepreek het oor wat die Here wil hê hulle moet doen.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 2