Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 14:9-15 Die Boodskap (DB)

9. En as iemand vir hierdie mense sê hy praat namens My, en hy lieg, sal dit wees omdat Ek hulle wil straf. Ek sal al sulke mense uitroei en vernietig, en hulle sal nie deel van my volk wees nie.

10. Die man wat sê hy praat namens My en die mense wat gaan vra het wat die Here oor hulle te sê het, sal almal saam gestraf word oor hulle slegte dade.

11. Só sal my volk leer om nie van My af weg te loop agter ander gode aan nie. Hulle het hulleself vuil gesmeer met al hulle slegte dade. As dit ophou gebeur, sal jou mense my mense wees, en Ek sal hulle God wees,” sê die Here, Esegiël se God.

12. Die Here het weer met my gepraat:

13. “Mens, sê nou die mense in ’n land hou aan om slegte dade te doen en steur hulle nie aan My en aan wat Ek hulle beveel het om te doen nie. Dan sal Ek so ’n klomp mense straf. Ek sal hulle slaan deur hulle kos weg te vat en hulle te laat honger ly. Ek sal mens en dier uit so ’n land uitroei, sonder om enige genade te betoon.

14. Selfs as die vroomste mense op aarde, Noag en Daniël en Job, daar was, sou Ek net vir hulle gered het van die dood. Al die ander sou nog steeds vir hulle slegte dade gesterf het,” sê die Here, die God van Esegiël.

15. “Of sê nou maar Ek stuur gevaarlike wilde diere om daardie land binne te val en die land te verwoes en die mense uit te roei.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 14